TUN: 'Verhoog onderwysers se salarisse'
Sou die regering nie opdrag gee vir “betekenisvolle salarisaanpassings” vir staatsamptenare vanjaar nie, sal die Onderwysersunie van Namibië (TUN) hom wend tot stappe wat nie “’n plesier vir die regering of die land gaan wees nie”.
Dit was gister die dreigement deur TUN se sekretaris-generaal, mnr. Mahongora Kavihuha, wat sê staatsamptenare het meer as sewe jaar laas ’n salarisverhoging gehad. Dit terwyl lewenstandaarde en lewenskoste “letterlik deur die dak” gegaan het.
“Sowat 1,6 miljoen Namibiërs lewe in uiterste armoede en ek en jy sien dit op ’n daaglikse basis. Wie sien nie hoe ons mense verlaag is om vir kos uit die asdromme op die strate van hierdie eens manjifieke stad te skraap nie?” het Kavihuha gevra.
Hy het die regering daarvan beskuldig dat hy hierdie verskynsel ontken en dat die hoës te ver van die daaglikse werklikheid op grondvlak verwyder is.
“Unies en al die progressiewe burgerlike organisasies moet saamstaan en die regte ding doen – baklei vir ordentlike salarisse vir staatsamptenare.”
Volgens Kavihuha word TUN oorval deur oproepe van staatsamptenare wat vir die laaste drie jaar en meer nie hul belastingoorskot ontvang het nie.
Hy sê die unie het op 2 Februarie ’n brief in die verband aan die minister van finansies geskryf en tot op hede geen erkenning van ontvangs of enige reaksie ontvang nie.
Volgens Kavihuha is die uitbetaling hiervan vir baie amptenare ’n welkome finansiële inspuiting.
“Noudat die ekonomie nog slegter daaraan toe is en salarisse stilstaan, sal dit nog meer welkom wees om die skrale inkomste van lede te ondersteun.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie