Uitvloei van kundigheid skaad lugvaartbedryf
Skaars hulpbronne verlaat sektor
Ten spyte van sy groot belegging in die lugvaartbedryf, het Namibië nog steeds nie genoeg kundiges in dié sektor nie.
Ogone Tlhage – Namibië word oorval met die uitvloei van kundigheid in die lugvaartbedryf, ’n situasie wat die land sal moet hokslaan.
Só het die minister van werke en vervoer, John Mutorwa, verlede week tydens die motivering van sy ministeriële begroting in die Nasionale Vergadering gesê.
Ten spyte van sy groot belegging in die lugvaartbedryf, het Namibië nog steeds nie genoeg kundiges in dié sektor nie.
“Sedert onafhanklikwording het Namibië in die opleiding van lugvaartpersoneel belê en ook voordeel getrek uit internasionale solidariteits-opleidingsinisiatiewe.
“Die meeste van dié skaars hulpbronne verlaat egter die sektor weens aftrede, sowel as vir hoogs betalende internasionale instellings, om hul loopbane in ander gebiede te bevorder of hulle word intern bevorder, wat “dus ’n vakuum op operasionele vlak laat”, het Mutorwa bygevoeg.
Die Aviation Centre of Excellence Namibia gaan saam met die Finse maatskappy Airrhow saamwerk om sy gebrek aan vaardigheid in die bedryf te takel.
“Een van die inisiatiewe wat Namibië van stapel gestuur het om hierdie ernstige uitvloei van kundigheid en retensie-uitdagings te oorkom, is ons vennootskap met die Finse Airrhow-groep om ’n lugvaartsentrum van uitnemendheid in Namibië te vestig. Dit sal verseker dat Namibië voldoende geskoolde lugvaartpersoneel het om vir sy mark en verder voorsiening te maak,” het hy gesê.
Mutorwa het ook lugvaartondersoekers se onvermoë om op gelyke voet met opleidingstandaarde te bly weens beperkings wat weens die Covid-19-pandemie ingestel is, benadruk.
Volgens hom kon ondersoekers nie opleiding buite die land ondergaan nie.
“Ondersoekers kon weens reisbeperkings nie herhalende opleiding ontvang om vaardighede te handhaaf nie, daarom word daar verwag dat [dit] afgehandel sal word,” het Mutorwa gesê.
Hy het bygevoeg: “’n Bedrag van N$6,8 miljoen sal opsy gesit word om die opleidingstekorte van die ondersoekers te takel.
Mutorwa het gesê die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) sal ook voldoende gekapitaliseer moet word weens ’n afname in lugreise en in lugvaarttariewe wat ingevorder word.
“Daar is ’n behoefte om die NCAA finansieel te herkapitaliseer om Namibië se staatsverpligtinge teenoor die Chicago Konvensie te handhaaf, terwyl stadig van die gevolge van Covid-19 herstel word en nuwe aanvullende heffings geïmplementeer word wat sal help om die afhanklikheid van die tesourie in die toekoms te verminder,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie