Veterane sê Swapo-elite eet alleen
FRRANN wou klagskrif indien
Die minister meen al wil hulle hom verwyder, sal dit dieselfde regering, dieselfde hulpbronne en dieselfde wet wees.
Die Former Refugees Repatriation Association of Namibia (FRRAN) het Swapo-elites daarvan beskuldig dat hulle hulself astronomiese veteraan-uitbetalings betaal en vir mekaar plase gee, terwyl diegene wat geveg het vir 35 jaar ná onafhanklikheid steeds sonder grond is.
FRRAN het ook bevraagteken waarom lede van Swapo groot veteraan-uitbetalings ontvang vir die tydperk tussen 1959 en 1973, toe Swapo in 1959 nog nie bestaan het nie.
Die vereniging was van plan om Woensdag ’n klagskrif aan president Nangolo Mbumba by Staatshuis to oorhandig, maar is ingelig dat die president nie klagskrifte mag ontvang nie.
Hulle is daarvan verseker dat die minister in die presidensie, Christine //Hoebes, en die minister van verdediging en veteranesake, Frans Kapofi, ’n vergadering met FRRAN sal belê om hul bekommernisse aan te spreek.
VRAE
Die groep het die president gevra om te verduidelik waarom die Tanganjika-groep na bewering vergoed is vir die tydperk vanaf 1959 tot 1973, toe Swapo op 19 April 1960 gestig is.
"In 1959 was daar geen Swapo in plek nie. Hulle moet aan ons verduidelik waarom daardie betaling gemaak is. Hoekom is die toelaegeld ongelyk? Sommige van hulle, soos Netumbo [Nandi-Ndaitwah] en die president, was nie in die oorlog nie; hulle was net in hotelle en kantore," het die groep gesê.
"Hulle het nie die oorlog gesien nie. Hulle het nie gely nie. Hulle het nie die 'Boere' gesien nie. Hoe verdeel hulle geld op die manier? Hoe kan iemand op N$750 oorleef as ander N$80 000 kry?" het Matheus Nangolo, stigter van die vereniging, afgevra.
Die vereniging het die onmiddellike verwydering van Kapofi, sy adjunk Hilma Nicanor, uitvoerende direkteur Wilhelmine Shivute en adjunkdirekteur Thadeus Elago, geëis.
"Die mense is totaal korrup. Ons moet hulle verwyder en ander mense in hulle plek sit. Selfs Kapofi het nie die oorlog gesien soos ons die oorlog gesien het nie," het lede van die groep gesê.
SOEK PLASE
Die vereniging het ook die regering se opskorting van die hervestigingsprogram vir veterane bevraagteken en eis dat hulle ook plase moet kry aangesien senior staatsamptenare na bewering plase kry wat met staatsgeld gekoop is.
"Selfs Kapofi het ’n plaas en nou het hulle opgehou om vir ons plase te gee. Ons is dalk net 3 000 oor en op een plaas kan hulle ten minste 15 van ons hervestig," het Nangolo gesê en bygevoeg dat die bevrydingstryd vir grond was, maar sommige van hulle vandag steeds sonder grond is.
"Kapofi het vir ons gesê hy kan niks vir ons doen nie. Ons moet teruggaan na die president."
'MOEG VIR BESKULDIGINGS'
Kapofi het teruggekap op die kritiek en gesê veterane moet dankbaar wees vir die kontantuitbetalings wat hulle ontvang en beweer dat hy vir finansiële betalings in plaas van net materiële ondersteuning aangedring het.
"Die veterane is in hul duisende. Hoeveel van ons sal hervestig word? Hulle kan steeds aansoek doen en die ministerie van landbou sal daardie aansoeke hanteer en daarvoor sorg. Daar was ’n grondkonferensie en ons volg daardie aanbevelings," het hy gesê.
Hy het egter met die veterane saamgestem dat hul maandelikse kontantbetaling nie in ooreenstemming is met lewenskoste nie, maar het daarop gewys dat ’n voorstel vir verhoging van hierdie betalings na die regering geneem is en uiteindelik in die parlement bespreek moet word.
"My mandaat [as minister] eindig binnekort, maar al wil hulle my verwyder, sal dit dieselfde regering, dieselfde hulpbronne en dieselfde wet wees. Ek is ook moeg daarvoor om so beskuldig te word," het hy gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie