Visas on arrival
Visas on arrival

Visums met aankoms 'n hupstoot vir toerisme

Ingestel by 11 grensposte
Namibië het tans 11 grensposte wat besoekers van 58 lande in staat stel om visums met hul aankoms in die land te verkry.
Ellanie Smit
Aanlyn visumaansoeke en die uitreiking van visums met besoekers se aankoms in Namibië het bewys dat dit tot voordeel van toerisme in die land strek.

So het die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Albert Kawana, gesê by die bekendstelling van die visum met aankoms-inisiatief by die grensposte Oshikango, Mohembo, Oranjemund, Ariamsvlei en Noordoewer.

Die minister het opgemerk dat burgers van 45 lande in 2019 voordeel begin trek het uit die inisiatief. Die lys is in 2023 hersien en uitgebrei om nog 11 lande in te sluit. Tans kom 58 lande in aanmerking om visums met aankoms te ontvang.

Al drie kategorieë paspoorte – gewone, amptelike/diens- en diplomatieke paspoorte – word geakkommodeer vir doeleindes van visums met aankoms.

"Ek wil dit duidelik stel dat hierdie reëling mense uitsluit wat na Namibië kom vir werksdoeleindes. Die mense word verplig om vooraf indiensnemingspermitte te bekom."

GRENSPOSTE

Die Hosea Kutako Internasionale Lughawe is op 25 September 2019 aangewys om visums met aankoms uit te reik, gevolg deur Walvisbaai se lughawe en grensposte by Katima Mulilo, Ngoma, Impalila-eiland en Trans-Kalahari.

Kawana het gesê dat die Oshikango/Santa Clara-grensposte ook binnekort op 'n 24 uur-basis sal funksioneer aangesien voorbereidings met ons Angolese kollegas in 'n gevorderde stadium is.

“Met vandag se bekendstelling het ek geen twyfel dat die Ohangwena- en ||Kharasstreek verhoogde toeristeaankomste deur die vyf grensposte wat vroeër genoem is, sal ervaar nie," meen Kawana.

Hy het verduidelik dat besoekers met hul aankoms vir hul visums betaal via geïnstalleerde spoedpunte by aangewese grensposte. Die geld word direk in die staatsinkomsterekening inbetaal, waardeur enige versoekings wat verband hou met die hantering van kontant uit die weggeruim word.

Hy het gesê dié besluit volg op vorige positiewe stappe oor die afgelope jare waar die regering meer as 60 lande wêreldwyd vrygestel het van visumvereistes wanneer hul burgers Namibië vir toeristedoeleindes besoek.

Die lande wat gekies word om voordeel te trek uit hierdie soort visums, is van dié waar Namibië nie diplomatieke missies soos ambassades het nie.

“Van vandag af hoef toeriste van lande waar Namibië geen diplomatieke verteenwoordiging het nie, nie meer vooraf aansoek te doen voor hulle na Namibië kom vir toerisme, besoeke of transito deur Namibië nie.

"Dis 'n deurlopende proses wat sal sien dat meer lande in die toekoms aan boord gebring word."

PROSEDURE

Die prosedure vir visums met aankoms in die land, vereis dat 'n besoeker 'n visumaansoekvorm moet voltooi soos hy/sy by die grenspos aankom. Die voltooide aansoekvorm sal saam met sy/haar paspoort by 'n immigrasiebeampte ingedien word, wat dan die aansoek onmiddellik sal verwerk.

As die aansoek goedgekeur word, sal die immigrasiebeampte die aansoeker versoek om 'n betaling te maak wat tans N$1 200 beloop.

Vir 'n besoeker om in Namibië toegelaat te word, is die immigrasiebeamptes steeds verplig om die gewone agtergrondondersoeke uit te voer, insluitend of die individu nie 'n verbode immigrant in Namibië is nie of nie op ander swartlyste verskyn nie. Verder moet die beampte tevrede wees dat die besoek wettig is en die individu voldoende lewensmiddele het of bewys dat hy/sy geborg word terwyl hy in Namibië is.

Dit word ook vereis dat die paspoort geldig is ten minste vir 'n tydperk van nie minder as 6 maande vanaf die datum van aankoms.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!