Minister Emma ICT
Minister Emma ICT

Voorbereiding op dreef vir ICT-beraad

STAFF REPORTER
Namibië is tans besig om voorbereidings te tref om vanaf 9 tot 11 September vanjaar ’n nasionale beraad vir inligtingkommunikasietegnologie (ICT) in Windhoek aan te bied.

By ’n ontbytgeleentheid Dinsdag by die Fürstenhof-hotel, waar Emma Theofelus, die minister van inligting en kommunikasietegnologie, die agtste nasionale ICT-beraad bekend gestel het, is reeds N$570 000 beloof om die uitgawes van dié geleentheid te dek.

Volgens Theofelus is die ontwikkeling van dié sektor in Namibië noodsaaklik vir die land se vooruitgang.

“Ons bevind onsself in ’n tydperk waarin digitale transformasie en kunsmatige intelligensie (KI) onvermydelike kragte geword het wat die toekoms van ons samelewing en ekonomie vorm,” sê die minister.

Volgens haar is dit uiters belangrik dat Namibië sy veerkragtigheid in hierdie verband opbou.

Terselfdertyd bied die digitale toekoms talle geleenthede wat die bedryf kan rewolusioneer, doeltreffendheid kan versterk en die lewens van landsburgers kan verbeter, sê sy.

Organisasies en individue moet vinnig aanpasbaar wees, en mislukking sal beteken dat Namibië agtergelaat word, onbelangrik raak of selfs uitsterf, brei sy uit.

Die beraad word onder die tema: “Bou veerkragtigheid in die era van digitale transformasie en kunsmatige intelligensie (KI): Pas aan of sterf” aangebied.

“Dit vereis ’n proaktiewe, strategiese benadering waardeur ons burgers, besighede en

staatsinstellings die digitale rewolusie omhels en die moontlikhede daarvan tot hul voordeel benut.

“Om veerkragtigheid te bou beteken om onsself te transformeer in entiteite wat vinnig reageer, en in staat is om ontwrigtings te weerstaan en tydens ontwrigtings te floreer,” het Theofelus gesê.

Spesifiek moet die onderwysstelsel gewysig word om die nodige digitale vaardighede aan inwoners te verskaf, lewenslange leer aan te moedig en uiteindelik te verseker dat die Namibiese arbeidsmag relevant, aanpasbaar en veerkragtig bly, sê sy.

Die regering het ook beleide nodig wat vooruitskouend is, innovasie koester, entrepreneurskap bevorder en terselfdertyd die regte en privaatheid van landsburgers beskerm, sê sy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!