Voorkoms van geweld ‘ongekend’
Tuyeimo Haidula op Ongwediva – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, het ’n beroep op alle Namibiërs gedoen om die grusame moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp op Okahandja te veroordeel.
Maasdorp is na bewering verkrag en verwurg en haar liggaam in water gestort. Die polisie se ondersoek het nog nie tot die arrestasie van ’n verdagte gelei nie.
Theofelus het Woensdag dié pleidooi gelewer tydens die agtste gradeseremonie van die Universiteit van Namibië (Unam) se kampus op Ongwediva vir die noordelike kampusse Hifikepunye Pohamba, Oshakati, Ogongo en José Eduardo dos Santos.
Volgens die minister is daar baie onregte wat wêreldwyd gepleeg word, iets wat Namibië nie gespaar word nie. Sy het die voorkoms van geweld in die land as ongekend beskryf.
TREE NOU OP
Die minister het gesê alle Namibiërs moet die skade wat aan die mees kwesbare lede van die samelewing berokken word ten sterkste veroordeel.
“As ’n nasie, as patriotiese inwoners van Namibië moet ons die mees kwesbares liefhê en beskerm, anders voldoen ons nie aan die basiese standaarde van wat ’n ware nasie is nie,” het sy gesê.
Theofelus het verwys na ’n aanhaling toe sy ’n student was, wat gelui het “wanneer geregtigheid nie vir ons ’n prioriteit is nie, is dit gewoonlik omdat ons nog nie deur onreg geraak is nie”.
Sy het Namibiërs versoek om nie te wag totdat hulle persoonlik deur onreg geraak word voordat hulle hul stem verhef en optree nie.
Sy het beklemtoon dit is alle Namibiërs se plig om geweld in die land uit te roei. Sy het verder ’n beroep op burgers gedoen om verder te gaan as blote veroordeling en om betrokke te raak by tasbare optredes wat bydra om ’n veiliger omgewing te skep.
Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, het vandeesweek gesê die ondersoek duur voort.
Ingrid se familie het op 20 Maart haar as vermis aangemeld en haar liggaam is later dieselfde week onder ’n brug ontdek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie