IDs
IDs

Wetsontwerp: Minimum ouderdom vir ID's dalk 14

Yandi Du Plessis
Ellanie Smit – Die minimum ouderdom vir die verkryging van ’n identiteitsdokument (ID) is verlaag vanaf 16 na 14 jaar in die nuwe wetsontwerp op burgerregistrasie en identifikasie.

Dit volgens die adjunkminister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Daniel Kashikola, wat die bekendstelling van die wetsontwerp in die Nasionale Vergadering gedeel het.

“Op 14 is ’n persoon se biometrie goed ontwikkel en daarom kan vingerafdrukke al op hierdie ouderdom geneem word. Hierdie stap sal skoolkinders in staat stel om hul ID’s vroeg genoeg voor hul nasionale eksamens te kry.”

Hy het gesê dit word ook gedoen met die vooruitsig dat ander biometrie, soos iris- en gesigsherkenning, wat op ’n jonger ouderdom moontlik is, in hul identiteitsbestuurstelsel geïntegreer sal word.

Volgens Kashikola maak die huidige wetsbepalings nie voldoende voorsiening vir die bestaande behoeftes van die huidige omgewing vir siviele registrasie- en identiteitsbestuur in Namibië nie.

Hy het verduidelik dat siviele registrasie in Namibië deur die wet op die registrasie van geboortes, huwelike en sterftes gereguleer word.

Kashikola het gesê sommige van die doelwitte van die wetsontwerp is om voorsiening te maak vir ’n nasionale siviele registrasiestelsel vir die kennisgewing, registrasie en sertifisering van geboortes, stilgeboortes, aannemings, sterftes, naamsveranderinge, huwelike en egskeidings en vir die uitreiking van ID’s.

Dit sal ook voorsiening maak vir die byhou van registers vir die optekening en bewaring van inligting met betrekking tot siviele gebeurtenisse, die uitreiking van sertifikate vir siviele gebeurtenisse reguleer, voorsiening maak vir ’n stelsel van e-kennisgewings vir sekere siviele gebeurtenisse en vir ’n stelsel om mense by te staan wat nie nasionale dokumentasie het nie.

Kashikola het gesê een van die probleme wat hulle al ervaar het, is mense wat hulle geboortedatums verander soos hulle wil.

“Sommige mense verander hul geboortedatums wanneer hulle wil aftree of wanneer hulle nie wil aftree nie.”

Soms is die verandering van ouderdom net om ’n sekere voordeel te verkry, het hy gesê.

Die wetsontwerp maak voorsiening daarvoor dat ’n komitee vir ouderdomsbepaling as ’n statuêre liggaam sake soos hierdie kan hanteer. Die komitee sal gemagtig word om ’n mens se ouderdom te bepaal uit beskikbare dokumentasie en bewyse.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!