Xinfeng ‘uitoorlê’ mynbouministerie
Alweendo wil handel in eksplorasielisensies stopsit
Tienduisende ton litiumerts vloei na China, terwyl Namibiërs moeilik eksplorasielisensies kan kry.
Die beleërde minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, sê ’n strenger benadering tot die toekenning van eksplorasielisensies is die regte ding vir Namibië om te doen. Dit was die slotsom van sy ministeriële verklaring oor die omstrede Chinese mynbouers Xinfeng Investment, wat hy gister in die parlement gelewer het.
Xinfeng is die afgelope weke in die nuus met beweringe dat die maatskappy onverwerkte litiumerts na China uitvoer.
Die minister het laas maand op ’n nuuskonferensie gesê hy het die uitvoere stopgesit. Die vloot van 80 vragmotors wat Xinfeng ingevoer het om die erts by die hawe op Walvisbaai te kry, het egter aangehou ry. Verdere ondersoek het bevestig die erts word steeds uitgevoer.
Alweendo het gister in die parlement gesê sy ministerie het wel ingestem dat Xinfeng erts mag uitvoer, vir toetsdoeleindes om die tipe verwerkingsaanleg vas te stel wat die maatskappy by sy myn buite Omaruru sal bou.
“Verlede Vrydag het ek persoonlik die maatskappy se mynbou bedrywighede buite Omaruru, in die Daures-kiesafdeling, vergesel van die raadslid, besoek. Ek het ook die Walvisbaai-hawe besoek om die volumes wat daar geberg word, te verifieer,” het hy gesê.
Volgens Alweendo was ’n Eksklusiewe Prospekteerlisensie (EPL7228) in Oktober 2021 toegeken. In Augustus 2022 het die maatskappy aansoek gedoen en is ’n mynboulisensie (ML243) toegeken.
“In hul aansoek vir ’n mynboulisensie het hulle aangedui hulle het ’n hulpbronskatting van 8 miljoen ton erts, met ’n geskatte litiuminhoud van ongeveer 1%. Hulle het ook aangedui hulle sal in 2024 met die mynbedrywighede begin nadat hulle ’n verwerkingsaanleg gebou het.
“Dit was dus verbasend toe die maatskappy met sy mynbedrywighede begin het kort nadat hulle hul mynlisensie ontvang het,” sê hy.
Nogtans het Xinfeng gesê voordat hulle belê in ’n verwerkingsaanleg wat in 2024 gebou sou word, sou hulle ’n sekere volume vergruiste erts na hul verwerkingsaanleg in China moet uitvoer. Hiervoor was ’n uitvoerpermit nodig, wat wetlik deur die mynkommissaris uitgereik moet word.
Die mynkommissaris mnr. Erasmus Shivolo is drie weke gelede, ná meer as 14 jaar, met die voormalige adjunkdirekteur van mynbou, me. Isabella Chirchir, vervang.
Alweendo sê die hoeveelheid erts wat Xinfeng mag uitvoer, was nooit vir die permitte vasgestel nie. “Die maatskappy het om uitvoerpermitte aansoek gedoen soos en wanneer hulle moes uitvoer, en die permitte is uitgereik.
Die maatskappy mag altesaam 135 000 ton vergruiste erts uitgevoer, sê Alweendo nou, en 75 000 ton is reeds uitgevoer. Die res moet teen 29 November 2022 uitgevoer word. Xinfeng het tantième van N$2 miljoen vir die uitgevoerde 75 000 ton betaal, volgens Alweendo.
Die minister wys daarop dat 135 000 ton litiumerts bloot vir toetsdoeleindes “ooglopend ’n oormatige hoeveelheid” is.
OMKOOP-ONDERSOEK
Xinfeng is dieselfde maatskappy wat na bewering N$50 miljoen betaal het waarmee beamptes van die ministerie glo omgekoop is vir toekenning van ’n ander eksplorasielisensie. Hierdie aantygings word deur die Teenkorrupsiekommissie ondersoek.
Dié kwessie dui egter op kwesbaarheid in die land se eksplorasietoekenningsproses, erken Alweendo. Ongewenste, onbedoelde gevolge sluit in die neiging dat aansoekers vir eksplorasielisensies nie voornemens het om te myn nie, maar om met die toêgekende regte handel te dryf.
“As hierdie praktyk ongehinderd voortgaan, sal dit ’n verwoestende uitwerking op die langtermyn ontwikkeling van ons mineraalhulpbronne hê,” dring hy aan.
“Om hierdie uitdaging die hoof te bied, het ons ons evaluering versterk. Daar sal van elke aansoeker verwag word om ons met ’n gedetailleerde verkenningsprogram te voorsien wat ook vergesel moet wees deur ’n gepaste eksplorasiebegroting en die besonderhede van toepaslik geskoolde personeel wat die werklike eksplorasieaktiwiteite sal uitvoer,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie