Regter Orben Sibeya Foto Namibiese regbank
Regter Orben Sibeya Foto Namibiese regbank

‘Landdrosverslag’ bestaan glo nie

Statistieke spruit glo uit kommentaar
Die kantoor van die regbank sê 'n verslag wat glo bevind het dat 34% van die landdroste wat kwalifiseer vir aanstelling in die hoërhof uit dieselfde streek, nie bestaan nie.
Iréne-Mari van der Walt
Bewerings deur Johnathan Beukes, die voormalige uitvoerende redakteur van die dagblad New Era, oor ’n verslag wat toon dat 34% van die landdroste wat in aanmerking kom vir aanstelling in die hoërhof uit die Zambezistreek kom – ondanks die feit dat hierdie groep slegs 4% van die bevolking uitmaak – is glo onwaar.

Beukes het die minister van justisie versoek om die uitslae van hierdie verslag bekend te maak. Minister Yvonne Dausab het egter navrae aan die regbank gerig.

“Die statistiek ter sprake was nie die uitkoms van ’n ondersoek nie. Dit kom uit ’n reaksie wat die kantoor van die regbank op navrae deur New Era, gedateer 3 Oktober 2024, uitgereik het.

“Die navraag het gehandel oor die publisering van ’n anonieme WhatsApp-boodskap wat in die sosiale media versprei is,” het die regbank in reaksie op Network Media Hub (NMH) se navrae oor die beweerde verslag gesê.

Die WhatsApp-boodskap voer aan dat 90% van die landdroste wat vir aanstelling as regters in die hoërhof kwalifiseer van die Zambezistreek is.

Die regbank sê hulle het hierop gereageer en gesê tien van die 29 (34%) landdroste wat vir aanstelling in die hoërhof kwalifiseer uit dié streek kom.

Die bewerings wentel grootliks om regter Orben Sibeya, die voormalige voorsitter van die komitee vir landdroste.

Sibeya, ’n boorling van die Zambezistreek, het glo ook ’n aandeel gehad in sy vrou se aanstelling in die regbank, volgens berigte deur New Era.

Sibeya se vrou, Selma, is glo tydens sy ampstermyn as voorsitter van die komitee as hooflanddros in Windhoek aangestel.

’n Woordvoerder van die regbank, Vikitoria Hango, het aan New Era gesê Selma Sibeya is reeds ’n senior landdros en het gekwalifiseer met haar ervaring en agtergrond.

Sibeya het enige onenigheid aan New Era ontken.

Orben Sibeya het tot Junie vanjaar as voorsitter van die komitee vir landdroste gedien.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!