‘Waarskuwingstelsels moet dringend bespoedig word’

Iréne-Mari van der Walt
Die adjunk- eerste minister en die minister van werke en vervoer, John Mutorwa, het onlangs by die opening van die Forum vir Vroeë Waarskuwingstelsels vir Afrika gesê dit is noodsaaklik om die implementering van vroeë waarskuwingstelsels te bespoedig.

Hy sê ook dat die regering tans ’n situasiekamer daarstel, wat in samewerking met die Noodkoördineringsentrum, die Humanitêre en Noodoperasiesentrum (SAOG-SHOC), asook die veelsydige vroeë waarskuwingstelsel in Afrika sal werk.

“Ons glo vas dat die proses en die uitdagings om hierdie situasiekamer te vestig, iets is wat ons trots sal wees om met ander lidlande in die streek en verder te deel,” het hy gesê.

Die forum het verlede week tot ’n einde geloop met die fokus om voort te bou op die veelsydige vroeë waarskuwing-aksieplan in Afrika vir 2023-’27.

“Die doel van hierdie aksieplan is om bestaande gapings te oorbrug, om vroeë waarskuwingstelsels oraloor die vasteland teen 2027 te vestig, om voort te bou op deurlopende plaaslike vroeë waarskuwingspogings en om strategiese rigting aan lede en belanghebbendes te bied om die weer, water en uitdagings en geleenthede wat verband hou met klimaatsdienste te takel,” het Mutorwa gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!