• Tuisblad
  • Misdaad
  • 48 ontruim van twee visbote - polisie beweer mensehandel
No Image Caption

48 ontruim van twee visbote - polisie beweer mensehandel

Adam Hartman
Die Namibiese polisie het bevestig dat 48 persone Donderdag in Walvisbaai se hawe van twee plaaslik geregistreerde skepe ontruim is in vermoedelike gevalle van mensehandel.

Die skepe behoort aan Nata Fishing Enterprises en klagte word teen die direkteure oorweeg, sê die polisie se woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi.

Oortredings van arbeids- en immigrasiewetgewing is deel van die moontlike klagstaat.

Volgens Shikwambi het visserye-inspekteurs in Junie bewus van die kwessie geword toe hulle Namibiese waters saam met die polisie patrolleer het. Daar was geen inspekteurs aan boord nie en die skepe het ook nie oor sertifikate vir kwytskelding van die wetlike vereiste beskik nie. Hulle was blykbaar heeltemal onbewus van die Wet op Mariene Hulpbronne en verwante regulasies.

Daar was 30 bemanningslede op elke skip.

Die bemanningslede het 35 Filippyne, 2 Taiwanese, 2 Chinese, 3 Indonesiërs, 2 Viëtnamese, 4 Mosambiekers, 4 Angolese en 8 Namibiërs ingesluit.

Sommige bemanningslede is glo al sedert 2018 op die skepe.

Die 48 individue wat ontruim is, het nie oor werkspermitte of visums beskik nie.

Beweringe oor mishandeling, lang werksure sonder rus (net vier ure per dag) en onbeskikbaarheid van mediese behandeling vir die bemanning, asook die weiering van siekverlof is volgens Shikwambi deur die bemanning gemaak.

Die polisie sal volgens Shikwambi beslag op die skepe lê.

Die ondersoek duur volgens haar voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!