SAD REALITY: Suicides accounted for the most deaths where self-inflicted injuries occurred, a Namibia Statistics Agency report has found.
SAD REALITY: Suicides accounted for the most deaths where self-inflicted injuries occurred, a Namibia Statistics Agency report has found.

567 doelbewuste sterftes in 2021

Selfdood boaan die lys van oorsake
Altesaam 1 235 sterftes is in 2021 weens beserings aangemeld, met 937 mans en 114 vroue.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - Meestal mans het in 2020 en 2021 weens beserings gesterf – hetsy doelbewuste of onopsetlike beserings.

Dít luidens ’n verslag deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA), wat bevind het dat beserings wat self toegedien is boaan die lys is vir beide jare.

Altesaam 1 235 sterftes is in 2021 weens beserings aangemeld, met 937 mans en 114 vroue.

In 2020 is 1 233 sterftes aangeteken, met 967 mans en 266 vroue.

“Die meeste doelbewuste beserings was self toegedien, wat altesaam 65,4% en 60,3% [van sterftes] uitmaak, terwyl padongelukke onderskeidelik 55,3% en 59,3% van onbedoelde beserings in 2020 en 2021 uitgemaak het,” lui die verslag.

Selftoegediende beserings by mans het 63,1% uitgemaak, terwyl ander doelbewuste beserings 27,8% beloop het. Moord was verantwoordelik vir 8,6% van sterftes, terwyl selftoegediende beserings van oorlog en konflik 0,4% uitgemaak het.

By vroue het selftoegediende beserings 49,1% uitgemaak, terwyl ander opsetlike beserings 38,6% beloop het. Sterftes weens moord het 11,4% uitgemaak en sterftes weens oorlog en konflik 0,9%.

ONBEDOELDE BESERINGS

Wat onbedoelde beserings by mans betref, het padongelukke 60,4% van sterftes uitgemaak, terwyl verdrinkings vir 21,5% verantwoordelik was.

Ander doelbewuste beserings het 13,4% van sterftes by mans uitgemaak, terwyl vergiftigings 0,8% veroorsaak het.

In dieselfde kategorie was padongelukke verantwoordelik vir 56,6% van vroue se sterftes, terwyl verdrinkings 13,2% uitgemaak het. Ander doelbewuste beserings was verantwoordelik vir 25,2% van sterftes, terwyl geen vrou in 2021 vergiftig is nie.

Die voorkoms van sterftes as gevolg van padongelukke was die algemeenste onder diegene in die ouderdomsgroep 20 tot 44 in albei jare, luidens die verslag.

“Die meeste sterftes weens padongelukke is in die Khomasstreek aangemeld, gevolg deur Oshana. Kavango-Wes het in beide jare is geen sterftes weens padongelukke aangeteken nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!