Vanjaar is reeds 57 renosters gestroop, waarvan 29 in die Etosha Nasionale Park. FOTO ARGIEF
Vanjaar is reeds 57 renosters gestroop, waarvan 29 in die Etosha Nasionale Park. FOTO ARGIEF

57 renosters vanjaar gestroop

Meer as 1 300 'wildmisdadigers' in twee jaar vas
Die Zambezistreek is die brandpunt van wildmisdaad, gevolg deur Kavango-Oos, Otjozondjupa, Omaheke en Kunene.
Ellanie Smit
In net meer as twee jaar is meer as 1 300 verdagtes in hegtenis geneem in verband met wildmisdaad in Namibië.

Adjunkkommissaris Barry de Klerk van die direktoraat van misdaadondersoeke in die Namibiese polisie het gister die status van wildmisdaad in die land by die Nasionale Forum oor Wildlewebeskerming en Wetstoepassing in Windhoek verskaf.

De Klerk het gesê van 15 Junie 2022 tot 2 Julie vanjaar is 1 357 vermeende wildmisdadigers in hegtenis geneem, waarvan 1 197 Namibiërs is. Die res sluit 78 Zambiërs, 65 Angolese, ses Motswana, vyf elk Asiërs en Suid-Afrikaners in, asook een Tanzaniër.

De Klerk het gesê hulle het ook na gewoontemisdadigers gekyk en van die 1 357 verdagtes wat gearresteer is, is 1 222 vir die eerste keer en 78 vir die tweede keer in hegtenis geneem.

Daar was egter een ou kalant wat al agt keer in verband met wildmisdaad gearresteer is en vyf wat sewe keer vasgetrek is.

Hy het gesê gedurende dieselfde tydperk is 643 wildmisdaadsake geregistreer.

Die meerderheid van die sake is aangemeld in die Zambezistreek (93), gevolg deur Kavango-Oos (82), Otjozondjupa (80), Omaheke (73) en Kunene (57).

Volgens De Klerk is die meerderheid van die spesies in wildmisdaadsake gedurende hierdie tydperk wildsbokke (255), gevolg deur 100 ieteremagôs, 71 klein soogdiere, 56 renosters en 49 olifante.

STROPERY-STATISTIEKE

Intussen is altesaam 57 renosters reeds vanjaar gestroop, waarvan die meerderheid, 29 in die Etosha Nasionale Park afgemaai is.

De Klerk het gesê verlede jaar is 74 renosters gestroop en in 2022 is 94 renosters gestroop, terwyl in 2021 53 renosters gestroop is en in 2020 is renosters deur stropers afgemaai.

De Klerk het gesê van die 57 renosters wat tot dusver vanjaar gestroop is, was 40 swartrenosters en 17 witrenosters.

Hy het gesê dat agt van hierdie renosters op private plase gestroop is, terwyl nege gestroopte renosters in die bewaringsprogram was, twee van die Waterberg-platopark en die res van Etosha.

Intussen is slegs vyf olifante vanjaar gestroop, vergeleke met die agt verlede jaar. Vier olifante is in 2022 gestroop, tien in 2021 en 12 in 2020.

De Klerk het gesê hoewel getalle van olifantstropery laag is, is die beslaglegging van ivoor baie hoog, maar dit is omdat Namibië deur sy buurlande as 'n deurgangsland gebruik word om ivoor te vervoer.

Kommentaar

Republikein 2024-12-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 22° | 40° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 24° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 20° | 35° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 37° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 16° | 16° Walvis Bay: 15° | 20° Rehoboth: 20° | 36° Mariental: 20° | 37° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 20° | 38° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 18° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 21° | 39° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 35° Maputo: 21° | 39° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 17° | 24° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 21° | 34° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 23° | 37° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!