Aanlyn geweld kan geslagsgelykheid omkeer
Daaglikse werklikheid vir slagoffers
Slagoffers verlaat aanlyn platforms en onttrek uit deelname aan huidige kwessies sowel as ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling.
Die impak van aanlyn geweld teen vroue en meisies in Namibië is verreikend. Sou dit nie daadwerklik getakel word nie, kan dit die vooruitgang omkeer wat gemaak is om geslagsgelykheid te bevorder.
’n Navorsingsprojek wat fokus op aanlyn geweld teen Namibië se vroue beskryf dit as iets wat nie deur die blote oog gesien kan word nie, maar wat ’n daaglikse werklikheid vir slagoffers is.
Volgens die navorsing is die mees sigbare uitwerking slagoffers wat aanlyn platforms verlaat en onttrek uit deelname aan huidige kwessies sowel as ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling.
Dit maan sou die huidige stand van sake onveranderd bly, sal vooruitgang ten op sigte van geslagsgelykheid benadeel word en gevolglik die idee weerspreek dat tegnologie inklusiewe ontwikkeling kan verseker.
Die afwesigheid van data in inligting- en kommunikasietegnologie wat volgens geslag opgebreek word, maak dit volgens die verslag nog moeiliker om vir hervorming in wetgewing en beleid in Namibië te pleit.
Met die verhoogde internetgebruik tydens die Covid-19-pandemie, was meer meisies en vroue ook die slagoffers van aanlyn geweld.
“Weens ’n huidige gebrek aan daadwerklike optrede in Namibië, het dit ook ’n gevaar vir die samelewing in die algemeen geword, omdat vroue die helfte van die bevolking vorm,” lui die verslag.
Gegewe dat die Namibiese regering veiligheids- en beskermingseenhede oraloor die land gevestig het om geslagsgeweld te hanteer, is daar ’n dringende behoefte dat dit ook met tegniese vaardighede en kapasiteit toegerus moet word om teistering aanlyn te hanteer.
Voorstelle om aanlyn geweld te takel, sluit in dat die regering alle hangende wette bekragtig wat sal verseker oortreders van aanlyn geweld word onmiddellik vervolg. Sosialemedianetwerke moet hande met plaaslike rolspelers vat om te verseker die aanlyn regte van individue word gehandhaaf.
Hangende wetgewing soos die wetsontwerp vir databeskerming en privaatheid moet ook gebruik word om verpligtinge soos die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte na te kom. Laasgenoemde bevorder onder meer die verhoogde toegang tot die internet en die bekamping van aanlyn geweld.
Volgens die navorsing moet digitale regte in die Grondwet as menseregte erken word. Dit vra ook vir maniere om geloofwaardige statistieke op te stel wat toeganklik is en gebruik kan word om geslagsgeweld te bekamp.
“Daar is ’n behoefte om plaaslike inisiatiewe te begin wat oortredings in die sosiale media takel en wat die werk van die Namibiese polisie ondersteun.
Dit kan help met onderrig en vervolging verwant aan aanlyn geweld, maar ook onderrig en raad verskaf om te verseker dat sulke optrede nie herhaal word nie,” lui die voorstelle. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie