ACC: Ondersoek na brandstofberging voltooi

Bevindinge aan AG oorhandig
Die Teenkorrupsiekommissie het Maandag gesê hy glo daar is 'n sterk saak vir 'n strafregtelike ondersoek na hoe die koste van die bergingsfasiliteit toegeneem het van net minder as N$1 miljard tot meer as N$6 miljard.
Ogone Tlhage
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het sy ondersoek na beweerde korrupte bedrywighede met betrekking tot ’n strategiese brandstofbergingsfasiliteit by Walvisbaai afgehandel en sy bevindinge aan die aanklaer-generaal (AG) oorhandig.

Dit volgens mnr. Paulus Noa, direkteur-generaal van die ACC.

Die bergingsfasiliteit het kritiek ontlok ná die konstruksiekoste daarvan van die aanvanklike begroting van N$920 miljoen uiteindelik tot N$6,5 miljard geklim het.

Bronne na aan die ondersoek het gesê die regering is nie tevrede met die feit dat niemand aanspreeklik gehou is vir vermoedelike verdagte transaksies in die projek nie, met individue wat daarvan verdink word dat hulle onregmatig miljoene Namibiese dollars in hul sakke gesteek het.

“Ons het die saak ondersoek en jy sal geskok wees oor hoe geld in hierdie transaksie gesteel is,” het ‘n senior ACC-amptenaar aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê.

Die voormalige permanente sekretaris van finansies, me. Ericah Shafudah, het in 2017 ‘n finale skriftelike waarskuwing vir nalatigheid van die kabinetsekretaris, dr. George Simataa, ontvang. Sy het die waarskuwing egter verwerp en gesê sy is nie ‘n kans gegun om haar kant van die saak te stel nie soos die land se wette bepaal.

Net so is mnr. Leevi Hungamo, permanente sekretaris van die Nasionale Beplanningskommissie (NPC), in dieselfde saak vrygespreek, waarna hy onmiddellik uit die regering bedank het. Vingers is ook destyds na die hoofregsadviseur in die kantoor van die prokureur-generaal (PG), mnr. Chris Nghaamwa, gewys.

Afgesien van die beweerde nalatigheid deur staatsamptenare destyds, het aantuigings van korrupsie uit die transaksie gespruit.

Laasgenoemde is nou deur die ACC bevestig.

STERK SAAK

“Ons het die inligting redelik onlangs by die kantoor van die aanklaer-generaal ingedien. Die AG het tyd nodig om die dokument te lees en te besluit of daar ruimte vir vervolging is,” het Noa Maandag gesê.

“Ons het na die strafregtelike deel van die ondersoek gekyk,” het hy bygevoeg.

Volgens Noa voel die ACC daar is ‘n sterk saak vir vervolging.

“Ons glo die AG kan besluit om iemand te vervolg, maar die finale besluit lê by daardie kantoor,” het hy gesê.

Aanklaer-generaal Martha Imalwa het Maandag gesê haar kantoor werk nog deur die inligting wat die ACC ingedien het, maar geen besluit is nog geneem nie.

Die styging in die koste van die projek het gelei tot vrae oor die betrokkenheid van eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, wat daarvan beskuldig is dat sy destyds haar kantoor as minister van finansies gebruik het om medekollegas, wat by die konstruksie van die twee fasiliteite gebaat het, te bevoordeel – ‘n aantyging wat sy nog altyd verwerp het. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!