ACC ontvang minder klagtes
Fishrot oorheers sake in 2020-ֹ’21
Die Teenkorrupsiekommissie het 'n afname in klagtes ervaar en die oorgrote meerderheid is weens 'n tekort aan bewysstukke nie ondersoek nie.
Covid-19 en die gepaardgaande inperkings het die stryd teen korrupsie in Namibië ’n gevoelige slag toegedien, met ’n afname in die aantal klagtes wat by die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) ingedien is.
Die ACC se jaarverslag vir 2020-’21 wat in April uitgereik is, is 120 klagtes gedurende dié periode ontvang teenoor die 187 in 2019-’20.
Altesaam 73 van die klagtes is afgehandel, waarvan 50 ondersoek is.
Vier-en-sestig van die klagtes, ofte wel 88%, wat ondersoek is, is weens onvoldoende bewyse afgewys.
In twee gevalle is die klagtes na die toepaslike owerhede verwys vir terugvoering.
Uit die 50 sake wat ondersoek is, ofte wel 42%, is drie dossiere na die aanklaer-generaal (AG) gestuur om te besluit of die sake vervolg moet word, al dan nie.
Altesaam 33 klagtes is teen die einde van die betrokke boekjaar verder ondersoek, terwyl 14 sake afgewys is nadat bevind is die klagtes was ongegrond, volgens die verslag.
In die boekjaar 2020-’21 is 35 sake saam met die bestaande dossiere na die AG vir ’n besluit oor vervolging ingevolge die Teenkorrupsiewet van 2003 gestuur.
Tien van dié sake was in die proses om verhoor te word, terwyl die AG nog ’n besluit oor 20 sake moes neem.
Drie dossiere is terug na die ACC gestuur met verdere opdragte vir voltooiing, en twee is van die hand gewys.
Die dossiere wat by die AG ingedien is, handel oor sake wat onder meer valse voorwendsels, omkopery, wanvoorstellings, dwarsboming van die gereg, wanbesteding van fondse, korrupsie, valse getuienis, valse eise en afpersing insluit.
Twee sake wat die meeste aandag tydens dié boekjaar geniet het, was die Fishcor-korrupsieskandaal en die regering se ooreenkoms met Angola tot finansiële voordeel van die vismaatskappy Samherji.
In dié sake het die ACC tien mense in hegtenis geneem op onder meer klagte van rampokkery, bedrog, dwarsboming van die gereg en oortreding van die teenkorrupsiewet.
Die ACC het beslag op 45 eiendomme en 57 voertuie gelê wat verband hou met die Fishrot-skandaal. Verder is twee pistole, drie gewere en twee haelgewere met 1 574 koeëls gekonfiskeer, saam met N$118 442,20 en US$6 812 se kontant.
Gedurende die ondersoek is 418 beëdigde verklarings geneem terwyl Deloitte & Touche aangestel is om met die forensiese ontleding van finansiële transaksies te help.
Die ACC het ook regshulp van Angola, Botswana, Mauritius, Suid-Afrika, Ciprus, Spanje, Noorweë, die Verenigde Koninkryk, Marshalleilande en die Verenigde Arabiese Emirate ingewin. Die hofsaak, wat intussen saamgevoeg is, duur voort.
Sedert die ontstaan van die ACC in 2006 kon die kommissie altesaam 694 dossiere na die kantoor van die aanklaer-generaal verwys, waarvan 262 teen die einde van die betrokke boekjaar steeds onder verhoor was en 268 deur die howe afgehandel is.
Meer as die helfde (154) van voltooide hofsake het in skuldigbevinding geëindig, terwyl verdagtes in 80 sake vrygespreek, en 34 sake teruggetrek is. Vyf sake is na die Namibiese polisie oorgedra.
Die AG het besluit om 94 sake nie te vervolg nie, 31 sake terug na die ACC te stuur en moes teen die einde van 2020-’21 nog ’n besluit oor 34 dossiere neem. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie