NO COMMENT: Namibia's former ambassador to Senegal, Elvis Shiweda. 
PHOTO: Namibian Embassy in Senegal
NO COMMENT: Namibia's former ambassador to Senegal, Elvis Shiweda. PHOTO: Namibian Embassy in Senegal

Ambassadeur herroep ná ‘seksuele aanranding’

Ministerie wou glo nie saak verder neem
Elvis Shiweda het glo beweer hy het 'n konsensuele intieme verhouding met die vrou gehad.
Elizabeth Kheibes
Namibië het sy ambassadeur in Senegal, Elvis Shiweda, herroep te midde van bewerings dat hy probeer het om ’n Namibiese personeellid by die ambassade te verkrag.

Die beweerde voorval het glo in Augustus 2023 buite Shiweda se amptelike woning in die hoofstad Dakar plaasgevind, terwyl hy haar na haar motor vergesel het.

Die vrou, wie se naam nie bekend gemaak kan word nie weens die verkragtingsklag, het ’n klag by haar werkgewer – die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking – aangemeld. Haar werkgewer het na bewering geweier om die saak verder te neem en vir haar gesê “alle ambassades het hul probleme”.

MINNAAR

Bronne het gesê die destydse minister van dié ministerie, Netumbo Nandi-Ndaitwah, is van die voorval in kennis gestel en ’n span is glo na Senegal gestuur om die bewerings te ondersoek.

Dit is deels te wyte aan Shiweda wat glo beweer het dat hy ’n konsensuele intieme verhouding met die vrou gehad het.

Hy het glo aan sy werkgewer gesê die vrou is sy minnaar, wat in ’n stadium geëis het dat hy sy vrou vir haar moet los. Die vrou het ontken dat sy ooit Shiweda se minnaar was.

Die beweerde slagoffer is ook uit Senegal herroep, ’n besluit wat talle in die ministerie verward gelaat het.

STRAFREGTELIKE KLAGTE

Shiweda het by navraag aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê hy is nie bereid om kommentaar oor die saak lewer nie en het die koerant na die ministerie verwys.

Hy het egter die bewerings ten sterkste ontken.

Die slagoffer het glo ná die beweerde seksuele aanranding ’n drie weke lange verlof geneem en sielkundige hulp gesoek.

Die huidige minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Peya Mushelenga, het gesê hy is nie oor die saak ingelig sedert hy in Februarie by die ministerie aangesluit het nie.

“Ek het nie genoeg inligting oor hierdie voorval nie, so ek is nie die regte persoon om op die oomblik hieroor kommentaar te lewer nie,” het hy gesê.

Na wat verneem word, oorweeg die vermeende slagoffer om strafregtelike aanklagte plaaslik teen Shiweda voort te sit. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!