Begraafplaas word misdaadtoneel
Pensioenarisse word geteiken
Vier mans met pangas en ʼn mes val ou mense op besoek by familiegrafte aan
Bejaarde besoekers by die Pionierspark begraafplaas is Dinsdagnamiddag wreedaardig aangeval, aangerand en beroof deur vier boewe gewapen met twee pangas en ’n mes.
Die eerste reaksiegroep op die toneel was die Namibia Marshall Rangers. “Deputy sheriff” Vinzanzo Forbes sê die eerste aanval was aan die ver kant van die begraafplaas na aan die spoorlyne waar die omheining oopgesny is.
“Mens is nie eens meer in die begraafplaas veilig nie. Drie tannies en ’n ou oom is met pangas en messe gedreig en beroof,” vertel hy.
Van die familielede is op besoek uit Suid Afrika en het die graf kom besoek na hulle nie hul familielid se begrafnis kon bywoon nie.
Die aanvallers het hul voertuig se vensterruite uitgegooi en op die sleutels aangedring.
Forbes sê die 76-jarige man is eerste aangerand en met die plat kant van die panga twee keer oor die kop geslaan. Hy het ook ’n snywond aan sy wang opgedoen, wat baie gebloei het. Hy is later na die Katutura staatshospitaal vir behandeling geneem.
Die dogter van een betrokke 70-jarige vrou vertel haar oom het bewusteloos neergeval voordat die swerkaters sy sakke deursoek en al sy besittings gesteel het.
“Toe draai hulle na die vroue en dring aan op hul ringe en juweliersware. ‘As julle dit nie oorhandig nie, sny ons julle vingers af’,” is hoe haar ma glo gedreig is.
Werknemers in die begraafplaas het nadergekom toe haar ma geskree het en iemand het ’n skoot in die lug laat klap voor die aanvallers weggehardloop het, vertel sy.
“Ons het die polisie probeer bel, maar hulle het nie geantwoord nie. Toe bel ek sheriff Sean Naudé en hy het my hul sentrum se noodnommer (919) gegee.
“Ons is so dankbaar dat hulle ons vinnig kom help het – asook hoe hulle ons gehelp met. My mense was gekalmeer, maar ek onthou daai kyk van paniek in hul oë,” vertel sy.
Op dieselfde tydstip was nog ’n bejaarde op besoek by sy oorlede vrou se graf waar hy elke Dinsdag kom kuier en die plante natlei, sê Forbes.
“Terwyl hy water uit die emmer in die skottel gooi om die plante water te gee, kyk hy op, toe staan die man met ’n groot panga voor hom en sê hy soek sy geld, sy beursie, sy selfoon en die kar se sleutel.
“Hulle het al twee voertuie se sleutels gevat en hulle is die bosse in weg daarmee,” sê hy.
Die Windhoek stadspolisie se woordvoerder me. Cillie Auala het die voorval gister bevestig en sê die vier verdagtes het tussen 17:00 en 17:20 twee families aangeval.
“Die ondersoek duur voort en die verdagtes is steeds op vrye voet,” sê sy.
Die stadspolisie het gister dringend met die munisipale afdeling verantwoordelik vir beskerming van eiendom vergader. “Hierdie was nie die eerste voorval nie. Dis hoog tyd dat ons sekuriteit by die begraafplaas ’n hupstoot gee,” sê sy.
Van vandag af word vier sekuriteitsbeamptes by die begraafplaas ontplooi, terwyl die stadsraad kyk na die installering van sekuriteitskameras. Die heining moet ook herstel word. Besoekers word aangemoedig om voortaan by die sekuriteitswagte aan te meld as hulle grafte gaan besoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie