Argieffoto ter illustrasie
Argieffoto ter illustrasie

Bejaarde glo deur plaaswerker vermoor

’n Man is in hegtenis geneem ná ’n bloedige moord die naweek waarin hy na bewering eers sy werkgewer verskeie keer met die houthandvatsel van ’n byl oor die kop geslaan en later ook ’n groot klip op sy kop laat val het.

Die 26-jarige plaaswerker staan tereg op ’n klag van onder meer moord nadat hy na bewering Vrydagnag sy werkgewer, mnr. Christof Mberitjiwa Mungunda (66), vermoor het.

Volgens die polisie se misdaadverslag het dié vermeende misdaad omstreeks 22:00 by Mberitjiua-pos naby Otjombinde in die Omahekestreek plaasgevind.

Die verdagte het na bewering die slagoffer aangeval, hom verskeie kere met ’n bylhandvatsel op die kop geslaan totdat hy bewusteloos op die grond geval het. Die verdagte het toe na bewering na die oorledene se erf gegaan, die slagoffer se motor gevat en alkohol en kos daarin gelaai.

Daar word verder beweer die verdagte se meisie het vir hom gesê Mungunda beweeg steeds en haal swaar asem. Die verdagte het toe teruggegaan en na bewering 'n groot klip opsetlik op die slagoffer se kop laat val, wat sy dood veroorsaak het.

Hy het daarna probeer om die ander plaaswerkers met die gesteelde voertuig om te ry, maar hulle kon daarin slaag om uit sy pad te kom en het mense by die nabygeleë nedersettings oor die voorval ingelig. Die verdagte is later op Gobabis aangekeer, sê die polisie.

Die liggaam van die oorledene is na die Gobabis-staatshospitaal se lykshuis vervoer vir die nadoodse ondersoek en sy naasbestaandes is in kennis gestel.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!