Bejaarde vrou is wel versmoor

Kristien Kruger
Die duisterheid rondom ’n rooftog op Mariental waarna die bejaarde eienaar van die huis dood aangetref is, het onlangs duideliker geword.

Dit is nou amptelik ook ’n moordondersoek nadat ’n nadoodse ondersoek bevestig het die 83-jarige oorledene is nie aan natuurlike oorsake dood nie.

Die koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, adj.komm. Eric Clay, het gister aan Republikein bevestig die 83-jarige, me. Johanna Hendrihetta Simon, beter bekend as Rita, is wel versmoor.

Volgens Clay is van die begin van die ondersoek vermoed dat Simon versmoor is, maar die nadoodse ondersoek het hul vermoedens finaal bevestig.

Die verdagtes het glo by die agterdeur van Simon se huis in Aubstraat ingebreek en haar en haar huishulp met sykouse, stukke materiaal en kleefband vasgebind.

Nadat die rowers die huis verlaat het, het die huishulp haarself na bewering losgewikkel en na Simon gehaas waar sy haar dood aangetref het.

Niemand is nog in verband met die moord en roof in hegtenis geneem nie en die polisie volg glo nog leidrade op.

Clay het nie gister betyds op navrae oor of die polisie die huishulp ondervra het en of dit enigiets opgelewer het, gereageer nie.

GEDENKDIENS

Simon se gedenkdiens het op 7 Junie plaasgevind en op dieselfde dag is lampies rondom haar huis gepak.

Simon laat vyf kinders, 10 kleinkinders en twee agterkleinkinders agter. Familie en vriende sê sy laat ’n onmeetbare leemte.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!