Bekamping van korrupsie hersien
VN besoek afgehandel
Kenners van Frankryk en Uganda het verlede week in Namibië byeengekom om die vordering wat die land teen korrupsie gemaak het, te bepaal.
Die Verenigde Nasies (VN) se kantoor vir dwelmmisbruik en misdaad (UNODC) se drie dae lange besoek aan die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) het Donderdag tot ’n einde geloop.
Kenners van Frankryk en Uganda het sedert Dinsdag Namibië se vordering oor die implementering van die VN se Konvensie vir die hersieningsiklus van 2016-’21 hersien.
Vanjaar se fokus was op die voorkoming van korrupsie en die beslaglegging op bates wat aan korrupsie verbind word.
Dit was die tweede hersieningsbesoek sedert UNODC-verteenwoordigers van Kanada en Ethiopië in 2016 Namibië se vordering gemeet het.
Die ACC se direkteur-generaal, mnr. Paulus Noa, het die amptelike opening behartig.
Hy het mee. Tanja Santucci en Louise Portas, UNODC-amptenare; me. Caroline Gousse, van die Franse ministerie van Europese en buitelandse sake; me. Izadora Zubek, van die Franse Teenkorrupsie-agentskap (AFA); me. Clemente Olivier van die Franse agentskap vir die bestuur en herwinning van gekonfiskeerde bates (AGRASC); me. Marie-Charlotte Litou, verantwoordelik vir die hoër owerheid vir deursigtigheid en openbare lewe (HATVP) in Frankryk; en me. Grace Atwongyeire, hoofregbeampte van die direktoraat vir etiek en integriteit in die kantoor van die president van Uganda verwelkom.
Noa sê sedert die vorige besoek het Namibië wetgewing vir die voorkoming van korrupsie in openbare verkryging toegepas, wat saam met die wet op teenkorrupsie, die wet op voorkoming van georganiseeerde misdaad en die wet op finansiële intelligensie werk.
Hy sê die wet op die beskerming van hokaairoepers, die wet op beskerming van getuies en die wet op toegang tot inligting moet nog bekragtig word.
Verder is die tweede teenkorrupsiestrategie en plan van aksie nou van toepassing, sê hy. Die plan het onder meer ten doel om die teenkorrupsiewet te hersien.
Die waarnemende uitvoerende direkteur van justisie, dr. John Shimaneni, het gesê daar is uitdagings soos ’n gebrek aan samewerking en reaksie vanaf belanghebbers in die stryd teen korrupsie.
Hy het nieregeringsorganisasies bedank vir hul bydrae tot dié stryd.
Op haar beurt het Santucci gesê, “ons hoop dat hierdie hersiening as ’n nuttige geleentheid sal dien om vordering te evalueer en om bestek van die pogings teen korrupsie, waarvan daar baie in Namibië is, te neem om moontlike toekomstige prioriteite uit te ken.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie