polisie
polisie

Bestuurder rand polisievrou aan

Iréne-Mari van der Walt
Die Namibiese polisie se jongste misdaadverslag wys verskeie gevalle van roekelose en dronkbestuur is tydens die Paasnaweek aangemeld.

ˊn Polisiebeampte is beseer nadat 'n man haar na bewering met die vuis in die gesig geslaan en haar stukkende bril ˊn wond bo haar oog en op haar wang veroorsaak het. Die verdagte is glo afgetrek vir ˊn oortreding en is gevra om ˊn asemtoets te doen. Hy het volgens die misdaadverslag egter weggejaag waarna die polisie hom agterna gesit het. Toe die polisie hom later in hegtenis wou neem, het hy die polisiebeampte na bewering geslaan. Sy is na die hospitaal geneem waar sy steke gekry en ontslaan is. .

In Tsandi is ˊn man aangekeer wat hy glo sonder ˊn rybewys bestuur en 'n ongeluk veroorsaak het. Een passasier in die ouderdom van 25 jaar is dood, terwyl een (29) ernstig beseer is. Die bestuurder van die motor en die beseerde passasier is na die Tsandi-hospitaal vir behandeling geneem. ˊn Saak van strafbare manslag, roekelose bestuur en bestuur sonder ˊn rybewys is geopen.

In Okahandja is ˊn man aangekla van roekelose bestuur nadat hy beheer oor sy voertuig op die grondpad tussen Hochfeld en Okahandja verloor het. Die 23-jarige bestuurder en sy passasier is in die staatshospitaal op Okahandja opgeneem.

ˊn Vyfjarige seun is op slag dood toe die bestuurder van ˊn Quantum-bussie op die pad tussen Otavi en Otjiwarongo beheer oor die voertuig verloor en dit die pad verlaat en omgeslaan het. ˊn Vier-en-dertigjarige man het ook later aan sy beserings beswyk, terwyl 16 passasiers behandeling vir beserings ontvang het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!