Beweerde mensehandel in Kavango-Wes oopgevlek
Saak tot 13 Junie uitgestel
Twee broers het glo jong tienerseuns van hul ouerhuis in die Kunenestreek weggelok en as beeswagters laat werk.
Twee broers het Woensdag in die rondgaande hof op Kahenge verskyn ná hulle in hegtenis geneem is omdat hulle glo twee tienerseuns van die Kunenestreek weggelok en gedwing het om as beeswagters te werk.
Die verdagtes, mnre. Vaatakana en Tjipirandi Tjindunda (onderskeidelik 45 en 63 jaar oud), het voor landdros Barry Mufana verskyn – wat hul borgtog geweier het. Die saak is tot 13 Junie uitgestel sodat die beskuldigdes formeel kan pleit en hul borgaansoeke kan indien.
Intussen ondersoek die polisie die saak verder.
Die twee staan elk tereg op ‘n klag van mensehandel en ‘n klag van die oortreding van die arbeidswet nadat hulle twee kinders (beide onder die ouderdom van 15) in diens geneem en hulle aan onmenslike omstandighede by ‘n beespos in Nepara blootgestel het.
Luidens die polisieverslag het die twee beskuldigdes die kinders van hul ouerhuis op Opuwo in die Kunenestreek weggeneem en belowe om hulle vir ‘n ander doel na die Omusatistreek te neem.
Die beskuldigdes het toe na bewering die reis na Omusati verlê en die kinders na hul veepos by Nepara geneem, waar hulle vir ‘n paar jaar as beeswagters moes werk.
Volgens die polisieverslag het die beskuldigdes nie enige skuiling aan die slagoffers gebied nie.
Die polisie het intussen die twee kinders weggeneem en in ‘n veilige huis in die Kavango-Oosstreek geplaas.
Vaatakana is ‘n onderwyser en sy ouer broer, Tjiripandi, is ‘n pensioenaris wat die beespos bestuur.
Die duo wat oorspronklik van die Kunenestreek af kom, het na Nepara verhuis vir weidingsdoeleindes.
WAARSKUWING
Intussen het die polisie in Kavango-Wes boere gewaarsku om nie minderjariges as veewagters in diens te neem nie.
“Die polisie waarsku alle inwoners van die Kavango-Wesstreek om – ingevolge die arbeidswet – die praktyk om minderjarige kinders in diens te neem, te staak en doen ‘n beroep op inwoners om sulke voorvalle spoedig aan te meld,” het die Namibiese polisie se hoof van gemeenskapsake in Kavango-Wes, hoofinsp. Raimbert Muronga, gesê.
“Die Kavango-Wesstreek is bekend vir sy vrugbare grond en uitgestrekte weiding, so mens kan daarom verwag dat meer voorvalle van die aard hier sal voorkom. Ons doen dus ‘n beroep op inwoners om dié bedrywighede onder die polisie se aandag by die naaste polisiekantoor, hospitaal of tradisionele leiers te bring.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie