Beweerde stropery in Namib-Naukluft

Tanja Bause
Frank Steffen – Die 49-jarige Leon Schiffer het Maandag in die landdroshof op Maltahöhe verskyn.

Hy word van stropery in die Namib-Naukluft Nasionale Park (in die Sesriem-distrik) aangekla. Luidens verlede naweek se polisieverslag is Schiffer op 5 Januarie omstreeks 10:00 saam met nog ’n verdagte (32) in hegtenis geneem – volgens inligting van die landdroskantoor in Maltahöhe was dit ’n sekere “Gariseb”.

Die twee het glo nege gemsbokke gestroop. Hulle was egter na bewering deel van ’n groep van vier verdagtes wat glo onwettig die nasionale park in ’n Nissan NP300-huurmotor vanaf die C19-hoofpad, sowat 30 kilometer vanaf Sesriem, binnegekom het. Die C19 is die grondpad wat van Solitaire na Hammerstein en Zarispas terug na Maltahöhe lei.

Die verdagtes het glo die wild met die voertuig gejag en geskiet, waarna die vleis op ’n vragmotor gelaai is. Twee verdagtes het op vlug geslaan.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!