BREAKING NEWS_04062021
BREAKING NEWS_04062021

Bloed op kaai: geen gemene spel tans vermoed

Henriette Lamprecht
Geen gemene spel word tans vermoed nie, nadat kolle droë bloed op die ysterkaai in Swakopmund opgemerk is. Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, is die polisie se aandag omstreeks 10:00 deur lede van die Marshall Rangers op die vlekke gevestig, nadat hulle op die kaai gaan stap het. Polisielede aan diens vergesel van speurders het die toneel besoek. Iikuyu sê op een plek is klein kolle bloedvlekke saam met voëlvere op die vloer van die kaai gevind. Die polisie gaan volgens hom ook na beeldmateriaal van kringtelevisie kyk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!