Borgaansoek van vroueboer uitgestel

Hulp gesoek om oorledene te identifiseer
Uit 'n voorlopige polisieverslag blyk dit die polisie se weergawe van wat Dinsdag op Fokshof gebeur het, verskil heelwat van die van me. Marieta Wilhelm s'n.
Elvira Hattingh
Die 65-jarige me. Marieta Wilhelm, wat die afgelope Dinsdagoggend op haar plaas buite Grootfontein aangeval is en na bewering ’n man doodgemaak het, se aansoek om borgtog is gister tot 24 Maart uitgestel.

Sy het gister haar eerste hofverskyning op aanklag van moord in die landdroshof op Grootfontein gemaak.

Wilhelm het Donderdagoggend met verbande en krukke buite die hof gewag.

Sy het vertel sy ervaar probleme met haar niere en is nog nie uit die hospitaal ontslaan nie.

Ná haar hofverskyning het sy na die hospitaal teruggekeer, waar sy verder vir haar beserings onder polisiebewaking behandel word.

ONDERSOEK

Intussen het die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, ’n voorlopige polisieverslag aan Republikein verskaf, wat van Wilhelm se weergawe van die gebeure op Dinsdagaand verskil.

Volgens die verslag het ’n man die perseel van haar plaashuis met onduidelike bedoelings betree en probeer om haar met ’n stok aan te val.

“Die verdagte het die oorledende verskeie kere met ’n pistool geskiet en hom met ’n hamer teen die kop geslaan, wat tot sy dood op die toneel gelei het,” het Shikwambi gesê.

“Die vuurwapen, hamer en stok is gevind en word as bewysstukke gehou. Die vuurwapen is onder die verdagte se naam geregistreer en die saak word verder ondersoek,” lui die verslag.

Verder word gesê dat sy onder polisiebewaking in die hospitaal is.

Shikwambi het bygevoeg die oorledene se identiteit en ouderdom is nog onbekend en geen dokumente is aan hom gevind nie.

“Volgens die verdagte was hy aan haar as ‘Sakaria, die houtkapper’ bekend,” het Shikwambi bygevoeg.

Sy doen ’n beroep op enigiemand in die omgewing wat ’n geliefde vermis of die oorledene geken het, om met die polisie se lykshuis op Grootfontein in verbinding te tree of die polisie by 081 260 0322 te kontak.

Wilhelm, wat vroualleen op Fokshof boer, het vroeër beweer dat sy met ’n houtstomp toegetakel is en op die aanvaller begin skiet het, nádat sy geval het. Sy sê hy het toe met ’n hamer op haar afgekom, maar sy kon daarin slaag om dit by hom af te neem en het hóm daarmee geslaan.

Sy vertel sy leef voortdurend in vrees nadat sy dreigemente ontvang het en dra haar vuurwapen oral saam met haar. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!