Coenie Botha. FOTO ARGIEF
Coenie Botha. FOTO ARGIEF

Botha en sy vrou vrygelaat

Frank Steffen
Die kripto-belegger, Coenraad (Coenie) Botha en sy vrou Charlotte Murove wat daarvan aangekla word dat hulle beleggers met meer as N$160 miljoen sou bedrieg het, is Vrydag uit aanhouding vrygelaat. Dit volg in opdrag van landdros David Mukuyu wat sê die egpaar is sonder 'n lasbrief in hegtenis geneem en dat die arrestasie dus onwettig was.

Die twee is verlede week by die Buitepos-grenspos aan die oostelike grens met Botswana in hegtenis geneem en het Woensdag in die Windhoek-landdroshof verskyn. Luidens die klagte het hulle glo bankaktiwiteite sonder die nodige toelatings uitgevoer en beleggers met sowat N$160 miljoen bedrieg.

Terwyl die staat Woensdag aangevoer het dat Botha voor sy arrestasie probeer vlug het, het hy beweer was na Suid-Afrika onderweg om by vriende te gaan kuier. Die egpaar se prokureur Afrika Jantjies is ook Woensdag tydens hul hofverskyning vir beweerde aandadigheid in hegtenis geneem.

Botha is 'n bekende persoonlikheid, veral in Swakopmund, en was voorheen die voorsitter van die streekkragverskaffer Erongo RED. Saam met sy eksvrou Edna het hy in 2001 die godsdienstige televisiestasie "Trinity Broadcasting Namibia" gestig.

Die Sentrale Bank van Namibië (BoN) beskuldig Botha daarvan dat hy deposito's van burgers via sy maatskappy "CBI Exchange Namibia" aanvaar het sonder die vereiste lisensie. BoN-woordvoerder, Kazembire Zemburuka, het Woensdag besonderhede van die ondersoek oor Botha en sy maatskappy gegee en aangevoer dat Botha se optrede artikel 6 van die Wet op Bankinstellings van 1998 oortree het.

Die bank wys egter ook daarop dat sake van hierdie aard sterk staatmaak op die samewerking van die publiek, veral diegene wat deposito's aan Botha of sy maatskappy gemaak het. "Die Bank doen 'n beroep op beleggers wat fondse by 'CBI Exchange Namibia' en/of by mnr Botha gedeponeer het, om die Namibiese Polisie te kontak ter bevordering van die ondersoek teen die verbode besigheidsaktiwiteite." - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!