Brave Warrior-speler in hof ná beweerde tref-en-trap
Die landdroshof op Walvisbaai het bevestig dat Edmar Kamatuka vandag in die hof verskyn het in verband met ’n ongeluk waartydens voetgangers ernstig beseer is.
Volgens ’n verslag van die Namibiese polisie het die beweerde tref-en-trap-ongeluk die afgelope naweek in die omgewing van Tutaleni op Walvisbaai plaasgevind.
Kamatuka het na bewering van die ongelukstoneel gevlug sonder om die omvang van die skade en die erns van die beserings vas te stel of hulp aan die beseerdes te verleen.
Sy pa het hom later vanaf Windhoek na Walvisbaai geneem waar hy in hegtenis geneem is.
Die owerhede was glo tydens Kamatuka se arrestasie reeds bewus dat hy vir die nasionale sokkerspan, Brave Warriors, speel en veronderstel was om saam met die span na Ghana te vertrek.
’n Soortgelyke ongeluk is ook in die Mondesa-omgewing op Swakopmund aangemeld waar voetgangers ernstig beseer is. Niemand is egter nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie