Murder
Murder

Busbestuurder skiet vermeende rower

N$1 333 956.90 in Windhoek gesteel
Vrou skiet haarself met man se pistool in skouer
Adam Hartman
’n Busbestuurder van Econolux word van moord aangekla nadat hy Saterdagoggend ’n vermeende rower in Walvisbaai doodgeskiet het.

Na bewering het die 55-jarige busbestuurder, wat Saterdagoggend aan diens was, die werksbus omstreeks 01:30 by sy huis geparkeer, al die deure van die bus gesluit en in sy huis ingegaan om koffie te drink terwyl hy wag om die volgende skof fabriekswerkers om 04:00 op te tel.

Terwyl hy in die huis was, het hy glo verdagte geluide buite gehoor en ondersoek gaan instel. Hy het drie mans gesien, van wie een na bewering naby die oop busdeur gestaan het, terwyl die ander twee mans binne die bus was.

Twee van die mans het weggehardloop toe hulle die bestuurder gesien het, maar een van die vermeende rowers het die busbestuurder met ’n onbekende voorwerp aangeval en in die proses het die busbestuurder die aanvaller in die maag geskiet.

Die beseerde aanvaller het ineengestort terwyl hy weggehardloop het en het op die toneel beswyk.

“Die busbestuurder (nou verdagte) het die voorval by die Kuisebmond-polisiestasie aangemeld en die beweerde moordpistool aan die polisie oorhandig,” het inspekteur Ileni Shapumba, die Erongo-polisiewoordvoerder, gesê.

“Hy is toe in hegtenis geneem.”

Die oorledene is as Iyambo Lazarus (30) geïdentifiseer.

VRIEND DOODGESKIET

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die 36-jarige Christiaan Nanab Vrydag om 02:40 in Maltahöhe deur sy vriend raakgeskiet.

Die man wou hom glo wys hoe die .303-geweer werk en het hom in die heup getref. Nanab is later in Maltahöhe se kliniek oorlede.

• ’n Vyftigjarige vrou het haarself met haar man se pistool in haar skouer geskiet. Dieselfde koeël het nog ’n vrou in haar been getref. Beide die slagoffers is na die St. Mary’s hospitaal op Rehoboth geneem. Die voorval het Vrydag omstreeks 20:00 in Blok G in die dorp plaasgevind.

• Vier gewapende verdagtes het Vrydag om 08:45 vier mans by die PUMA-brandstofdepot in die Noordelike Nywerheidsgebied in Windhoek beroof. Hulle het een van die slagoffers in die arm geskiet en hom van die vuurwapen beroof. Hulle het met kontant van N$1 333 956.90 en drie vuurwapens van die wagte op vlug geslaan.

Kommentaar

Johan P Pieterse 2 Jaar Gelede 09 May 2022

Dit is erg hoe ons regstelsel en Polisie werk. Die Busbestuurder het eerste (betyds) geskiet en nou is hy die beskuldigde! Was hy nie eerste nie was hy ook net statistiek. Of moes hy oë toe geknyp het en ander pad gekyk het? JP

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!