Buurtwaglede op borgtog vir onwettige jag
Vier lede van die Rehoboth Blok A-buurtwag is elk op borgtog van N$5 000 vrygelaat nadat hulle glo gevang is met agt koedoekarkasse in hul besit wat hulle na bewering in die nag tussen 31 Oktober en 1 November onwettig op ’n hervestigingsplaas gejag het.
Waldo McClune (38), Fabian Routh (39), Brandon van Wyk (34) en Terence Theron (47), almal lede van die Blok A-buurtwag, het volgens ’n bron die wild in die nag gejag en na bewering by ’n bekende slaghuis in Rehoboth afgelewer glo met die eienaar se medewete. McClune is na bewering deel van die groep se bestuurskomitee.
Die bron, wat anoniem wil bly, het aan Network Media Hub (NMH) gesê McClune het sy posisie misbruik en buurtwaglede is bekommerd oor die vlak van nalatigheid en hul maandelikse bydraes.
“As hulle die vertroue van al hul lede so kan verraai, onwettig kan jag terwyl hulle veronderstel is om ons veilig te hou, wat gebeur met die geld wat ons maandeliks aan hulle betaal om ons te beskerm?” vra die bron.
Hulle voeg by dat dit glo nie die eerste keer is dat hulle onwettig jag nie, maar dit is die eerste keer dat hulle gevang word. Buurtwaglede betaal N$20 om aan te sluit, N$70 om op die raad te dien en N$100 per maand as ledegeld.
Volgens die polisie het een van die verdagtes na bewering die ander verklik nadat hy vroeër vandeesmaand met ’n steenbokkarkas betrap is.
Hulle het almal op 7 November in die hof op Aranos verskyn en word daarvan aangekla dat hulle agt koedoes op staatsgrond – ’n hervestigingsplaas by Uhlenhorst in die Mariental-distrik – sonder ’n permit gejag het.
Verder het hulle, strydig met die natuurbewaringsordonnansie, glo in die nag gejag en kon hulle nie bevredigende inligting oor die wildsvleis in hul besit verskaf nie.
Die saak is tot 18 Februarie 2025 uitgestel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie