Dúúr groet by vulstasie
‘n Angolese vrou is volgens die polisie se naweekmisdaadverslag van sowat N$350 000 besteel toe sy Vrydag omstreeks 19:40 by ‘n vulstasie op Ongwediva stilgehou het.
Die 37-jarige klaagster het uit die motor geklim om iemand te groet, toe twee mans glo haar handsak vanaf die passasiersitplek gegryp het. Hulle het ook ‘n tweede sak gebuit.
Die vrou se paspoort was in haar handsak, asook 10 000 euro (N$172 000 volgens die huidige wisselkoers), US$10 000 (N$168 400), N$9 535 en 200 kwanza.
Die diewe is steeds op vrye voet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie