Drie toeriste in hoofstad beroof
Drie mans het Dinsdag drie Franse toeriste in Windhoek beroof.
Die voorval het omstreeks 16:00 in Voightstraat voor Chameleon Backpackers gebeur.
Die drie toeriste het pas in Windhoek aangekom en na hulle oornagverblyf gery. Hulle het uit die voertuig geklim toe drie mans, een gewapen met ’n mes, uit ’n rooi Volkswagen GTI-sedanvoertuig geklim en op hulle afgepyl het. Die bestuurder het in die voertuig bly sit.
Op kringtelevisiebeeldmateriaal kan gesien word hoe die drie verdagtes die drie vroue-toeriste aanval en elkeen ’n rugsak gryp.
Die een vrou het teruggeklim in die voertuig terwyl een van die verdagtes haar probeer beroof het. Een van die mans het ’n rugsak gegryp, in die voertuig gegooi en teruggekom om sy makker – wat met die vrou in die voertuig gestoei het – te help.
“Alles van die meisies is gesteel. Hulle kontant, bankkaarte, paspoorte, selfone, alles en dit nadat hulle skaars in die land aangekom het. Vandag wil hulle huis toe gaan.
“As iemand die voertuig met die registrasienommer N215722W erken, kan hulle ons kontak sodat ons die polisie in kennis kan stel. Kom ons werk saam om die mense van die straat af te kry. Mans wat dink dit is aanvaarbaar om vroue te slaan en te dreig, moet verwyder word. Die voorval het gebeur terwyl ons karwag met ander mense besig was,” het Jackie Burton van Chameleon gesê.
“Die meisies, waarvan die een swanger is, is natuurlik erg geskok. Ons het hier by die Backpackers orals waarskuwings- en inligtingsborde opgesit. Dit om mense onder meer te waarsku om op hul hoede te wees, om nie items oop en bloot in hul voertuie te los nie en om net die nodige geld vir die dag saam te vat. Ons praat ook met die toeriste en lig hulle in, maar die meisies het nie eens die kans gekry om daarna te luister nie.”
SWAKOPMUND
Ons kusverslaggewer Nikanor Nangolo het die naweek berig dat nog buitelandse toeriste verlede week Dinsdag by Vierkantklip, tussen Swakopmund en Walvisbaai, van hul besittings beroof is.
Die verdagtes het na bewering ’n grys rugsak met oranje ritssluiters gegryp waarin Matthias Geisel se Duitse- en internasionale rybewyse was, asook ’n kamera (Sony 7iv) met twee lense, en kontant.
Die verdagtes het ook die regteragterruit stukkend geslaan en die band van die slagoffers se voertuig stukkend gesteek. Die verdagtes het in ’n klein donkergrys (amper swart) voertuig met registrasienommer N12057WB in die rigting van Walvisbaai op die vlug geslaan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie