• Tuisblad
  • Misdaad
  • Drie verdagtes is vir poging tot roof in hegtenis geneem
Die voertuig wat die verdagtes vir hul beplande roof gehuur het. Foto verskaf
Die voertuig wat die verdagtes vir hul beplande roof gehuur het. Foto verskaf

Drie verdagtes is vir poging tot roof in hegtenis geneem

Nikanor Nangolo
Drie verdagtes is Woensdag vir poging tot roof in Walvisbaai in hegtenis geneem.

Inspekteur Ileni Shapumba, bevelvoerder vir gemeenskapsake in die Erongostreek, het die voorval bevestig.

Volgens hom het die polisie drie plaaslike mans in hegtenis geneem vir sameswering om roof te pleeg en die vertoon van 'n vals registrasienommer, nadat die polisie inligting oor die beplande rooftog ontvang het.

"Ondersoeke het aan die lig gebring dat die verdagtes 'n VW Polo gehuur het, die ruite getint het en nommerplate verander het. Ná 'n suksesvolle polisiejaagtog van die dorp na Kuisebmond het die polisie ook drie stelle verskillende nommerplate in die motor gevind," het hy gesê.

Shapumba het daarop gewys dat sake van rooftogte en poging tot roof waarin vervalste registrasieplate gebruik word, “al meer vir ons ’n bekommernis raak”.

"Dit blyk dat daar nie veel beheer is met die verkryging van voertuigregistrasieplate nie. Ons versoek dat drukkerye beheer oor die druk en uitreiking van registrasieplate verbeter. 'n Mens moet nie 'n voertuigregistrasieplaat/-nommer eis tensy so 'n persoon in besit is van outentieke bewys van eienaarskap van Natis." Shapumba gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer