Duitse toeris in Windhoek beroof
’n Duitse toeris is Saterdagmiddag op die hoek van Onafhanklikheidsrylaan en Gartenstraat in Windhoek van haar rugsak beroof. Die verdagte het die sak met ’n Samsung A13, drie kredietkaarte, ’n debietkaart en ’n paspoort gegryp en in ’n wit sedanvoertuig gespring wat weggejaag het.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie