Een seun, ses meisies glo verkrag
* ’n Vyftienjarige seun is na bewering die afgelope naweek in Otjomuise verkrag. Die seun ken glo die 27-jarige verdagte. Volgens die polisie se misdaadverslag het hulle mekaar in die straat gesien en die verdagte het hom tot by sy huis gevolg. Hy het hom daarna na bewering gegryp, in sy kamer ingedwing en hom met geweld verkrag.
’n Dokter het die seun ondersoek en hy het ’n maatskaplike werker gesien. Die verdagte is in hegtenis geneem.
* Die jongste verkragtingslagoffer die afgelope week is ’n tweejarige meisie wat in die tuin verkrag is.
Die verdagte is ’n 21-jarige man. Hy is reeds in hegtenis geneem en sal na verwagting môre in die landdroshof op Ondangwa verskyn.
Die voorval het op Dinsdag 27 September omstreeks 12:00 in die informele nedersetting Oniimwandi plaasgevind.
* ’n Vierjarige meisie is verlede week in die informele nedersetting Kakoro in die Kavango-Wesstreek deur ’n familielid verkrag.
Die 22-jarige man het haar na sy hut geneem en het glo seksuele omgang met haar gehad tot die volgende oggend.
Die verdagte is na bewering haar ma se neef en hy is ’n dag ná die voorval, op 24 September, in hegtenis geneem.
* ’n Drie-en-vyftigjarige man het na bewering herhaaldelik ’n negejarige meisie verkrag. Die verdagte het glo by verskeie geleenthede haar in haar hut verkrag.
Die verdagte het op die vlug geslaan en is nog nie in hegtenis geneem nie. Een van die voorvalle het op 12 September in die Nkurenkuru-omgewing plaasgevind.
* ’n Veertienjarige meisie het verlede week by iemand se huis oorgeslaap in die nedersetting New Location in Mariental. Die vrou het vir haar gesê om saam met ’n man in dieselfde bed te slaap omdat daar glo nie genoeg slaapplek was nie. Hy het haar seksueel aangerand en hy is in hegtenis geneem.
* ’n Man het na bewering Donderdag ’n 16-jarige meisie in die informele nedersetting Katongo in die Zambezistreek verkrag.
’n Man wat sy geken het, het glo vir haar en ’n vriendin huis toe gevolg ná middagstudie. Die man het haar na ’n hut gevolg waarna hy haar glo verkrag het. Die man is nog nie in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.
* ’n Sewentienjarige meisie is die afgelope naweek in die omgewing van Katutura in haar kamer gedreig en verkrag.
Die voorval het op 30 September omstreeks 23:00 plaasgevind.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag weet hulle wie die vermeende oortreder is, maar hy is glo nog nie in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie