No Image Caption

Een vas ná rooftog op Grootfontein-plaas

Elvira Hattingh
‘n 37-jarige Namibiër, wat ook gesoek word oor ‘n moordsaak op Tsumeb, is aangekeer in verband met die rooftog op plaas Friedrichstahl in die Grootfontein-area.

Hy verskyn vandag in die landdroshof op Tsumeb oor sy beweerde betrokkenheid in die moordsaak, waarna hy op ‘n latere datum ook in die Grootfonteinse hof sal verskyn in verband met die rooftog op die 70-jarige Udo Gärtner en sy vrou.

Tydens die rooftog het vyf verdagtes voorgegee om polisiebeamptes te wees – een geklee in ‘n polisie uniform en die ander met klere met weerkaatsers op – en die niksvermoedende Gärtners beroof. Hulle is weg met kontant, juwele, selfone en wapens ter waarde van N$178 116,20.

Die verdagte, ‘n inwoner van Grootfontein, is die afgelope Dinsdag by die padblokkade op Otjiwarongo aangekeer. Hy het een van die pistole en skootrekenaars in sy besit gehad wat tydens die rooftog gesteel is.

Tydens ondervraging het hy glo aan wetstoepassers erken waar hy die klere weggesteek het wat hy tydens die rooftog gedra het – dit was in ‘n plastieksak in die bos weggesteek. Die persoon wat die verdagtes voor die rooftog by die plaas gaan aflaai het, word ook tans vir ondervraging aangehou.

Die gesteelde items is deur Gärtner as sy eiendom identifiseer.

Nog vier verdagtes word in verband met die saak gesoek, met die polisie wat sê dit volg tans alle leidrade op om hulle vas te keer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!