ELCIN-pastoor verkrag glo 15-jarige
Polisie nog besig met ondersoek
Die pastoor het glo sy beweerde slagoffers geteiken by belydenisklasse of dié wat sy Christelike onderrig by die kerk bygewoon het.
’n Pastoor van die Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië (Elcin) word daarvan beskuldig dat hy na bewering tussen Junie 2020 en September 2022 ’n 15-jarige meisie verkrag het.
Die meisie is van die Okando-nedersetting waar die pastoor ook uitgeplaas is.
Die beweerde verkragtings het glo op onbekende datums en tye plaasgevind, sê die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Omusatistreek, adj. komm. Moses Simaho.
Volgens hom is die pastoor nog nie in hegtenis geneem nie omdat die polisie nog met die ondersoek besig is. Simaho sê die saak is deur ’n 18-jarige geopen wat in dieselfde huis as die slagoffer woon.
Die pastoor is die begin van die jaar van die Okando-gemeente na ’n ander gemeente in die Okahao-kiesafdeling verplaas. Hy het nadat Republikein se susterkoerant Namibian Sun hom om kommentaar genader het, die oproep beëindig nadat die verslaggewer haarself geïdentifiseer het en het nie op enige verdere oproepe of teksboodskappe gereageer nie.
Volgens bronne met wie die koerant gepraat het, het die pastoor glo sy beweerde slagoffers geteiken by belydenisklasse of dié wat sy Christelike onderrig by die kerk bygewoon het.
Die meisie wat hy na bewering verkrag het, het ook geboorte geskenk aan ’n kind wat volgens gerugte glo dié van die pastoor is. Toe die bewerings die rondte begin doen dat hy na bewering te veel tyd saam met die tiener deurgebring het, het hy volgens die bronne dit in die kerk aangespreek.
“Die pastoor sou in die kerk preek dat hy al hierdie gerugte hoor. Hy sou dan vir die gemeente sê sommige van hierdie mense is sy vriende en net soos enige ander persoon word hy toegelaat om vriende te hê. Hy het gesê, ‘julle Okando-mense hou van stories. Hou op gerugte versprei,’ het hy grappenderwys in die kerk gesê,” volgens ’n bron.
Dieselfde bron sê die slagoffer het na bewering twee of drie jaar gelede geboorte geskenk en dat dit glo die pastoor se kind is, maar dit is nie bevestig nie.
Die jongste voorval volg twee dae nadat nog ’n pastoor, Elikan Neliwa van Have Mercy Mission Ministries Dinsdag in die Onepandaulo-nedersetting in Omusati in hegtenis geneem is nadat hy na bewering drie lede van sy gemeente verkrag het. Die slagoffers van onderskeidelik 17-, 19 en 24 jaar oud is leerlinge van ’n plaaslike skool. Een is in graad 10, terwyl die ander twee in graad 11 is.
Hy het gister in die landdroshof op Outapi verskyn en is borgtog geweier. Die saak is tot 11 Junie vir verdere ondersoek uitgestel.
Die Elcin-kerk het verlede jaar besluit om pastoor Hendrick Shuudeni in lyn met die kerk se grondwet onder afdeling 86 uit sy pos te onthef. Die afdeling verwys na die waarde van die “heilige werk” van ’n pastoor en hoe hy of sy hulself in die uitvoering hiervan dra.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie