renoster in gras
renoster in gras

Etosha-'stropers' se name bekend

Francoise Steynberg
Die drie vermeende stropers wat in die Etosha Nasionale Park doodgeskiet is, se name is bekendgemaak.

Hulle is die Namibiese mans Elifas Shali Kapembe (24), die 33-jarige Nicky Nandiinotya Andreas en Immanuel Petrus (23).

Volgens die Namibiese polisie (Nampol) is hul naasbestaandes ingelig en die ondersoek in die verband duur voort.

Die voorval het verlede Saterdag plaasgevind tydens 'n skermutseling tussen die drie gewapende mans en lede van die teenstropingseenheid in Etosha.

Volgens Nampol het die lede verbonde aan die teenstropingsoperasie in Etosha tydens hul patrollies verlede Vrydag voetspore aan die binnekant van die park net langs die heining opgemerk.

Op Saterdag, 16 November is die lede in twee spanne verdeel om die voetspore van die vermeende voornemende stropers te spoorsny.

“Toe die vermeende stropers besef dat hulle agtervolg word, het hulle op die lede van die teenstropingseenheid losgebrand wat tot ’n heen-en-weer-skietery gelei het,” lui Nampol se verklaring.

Gevolglik is die drie mans doodgeskiet.

“Toe die toneel besoek is, is vasgestel die stropers is met drie gewere gewapen, waarvan een met ’n knaldemper toegerus is. Boonop het hulle spons om hul skoene gedra om spoorsny te belemmer,” lui die verklaring.

Geen lid van die teenstropingseenheid is tydens die voorval beseer nie.

Die liggame van die mans is na die Oshakati-polisielykshuis geneem en familielede is versoek om die oorledenes te identifiseer.

Die vlagskippark is die brandpunt van renosterstropery met altesaam 39 swart- en 11 witrenosters wat al vanjaar in Etosha gestroop is.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, Romeo Muyunda, is 76 renosters tot dusver vanjaar landswyd vir hul horings gestroop.

Dit is die tweede keer in ses maande dat vermeende stropers in die park doodgeskiet is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!