Fishrot beproef hokaairoeperwet
Verandering moet aangewend word
“Oorgerustheid aangaande korrupsie het weer in Namibië teruggekeer na wat dit voor die oopvlekking van die Fishrot-skandaal was. Dit blyk asof ons weer aanbeweeg het,” sê mnr. Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR).
Volgens Hopwood was die IPPR sewe jaar gelede intensief betrokke by die skryf van ‘n wet om hokaairoepers te beskerm, maar hierdie wet kan nog nie toegepas word nie omdat die regering nog nie die nodige geld beskikbaar gestel het nie.
“Daar is twee klousules in die Namibiese wetgewing wat aan hokaairoepers immuniteit teen vervolging bied, maar dit is al wat daar is en ons het ‘n meer omvattende wet nodig,” het Hopwood Donderdag tydens 'n gesprek met Fishrot-hokaairoepers Jóhannes Stefánsson en Sharon Neumbo gesê.
Hy glo die Fishrot-skaandaal wys hoe belangrik die wet is in die stryd teen korrupsie. “Ek dink die Fishrot-skandaal het ook aan ons uitgewys dat die wet nie ver genoeg gaan nie. Ons het met Johannes en Sharon besef dat die wet nie regtig voorsiening maak vir fisiese dreigemente teen hokaairoepers nie,” sê Hopwood.
Na ‘n beweerde poging om Stefánsson te vergiftig, reken Hopwood die wet moet uitgebrei word om na alle fasette van hokaairoepers se gesondheid om te sien. Sielkundige ondersteuning is volgens hom ook belangrik omdat hokaairoepers dikwels deur ander verstoot word; ook vriende en familie.
Hopwood glo ook ‘n klousule oor finansiële steun aan hokaairoepers ingeval hulle hul werk en inkomste verloor, sal ‘n aanwins wees.
Hy het gesê strawwe vir diegene wat valse inligting verstrek, moet geskrap of versorg word omdat dit baie seldsaam voorkom.
Volgens Hopwood bestaan geen twyfel dat hokaairoepers beloon moet word nie, maar politici behoort nie aan die stuur van sulke besluite te staan nie. “Dit sal waarskynlik die publiek se vertroue in die proses belemmer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie