Geen borgtog vir onnie wat glo met skoolgeld verdwyn
‘n Onderwyser van Jan Möhr Sekondêre Skool, wat daarvan beskuldig word dat hy met N$26 400 se geld vir skool-, koshuis- en rekenaarklasse vort is, is Woensdag borgtog geweier.
‘n Klag van korrupsie is teen die 41-jarige Philipus Nangolo Nghifikepunye gelê en hy het Woensdag sy eerste verskyning in die Windhoekse landdroshof gemaak.
Die hofsaak is tot 10 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel en Nghifikepunye bly in die tussentyd in aanhouding.
Nghifikepunye het glo die geld van ouers ontvang, maar dit nooit aan die skool oorhandig nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie