Gemeenskapsaktivis van verkragting aangekla
Borgtog geweier
'n Man (53) het gister in die Walvisbaaise landdroshof op aanklag van verkragting verskyn.
’n Plaaslike gemeenskapsaktivis van die Narraville-woongebied in Walvisbaai wat van die verkragting van ‘n minderjarige beskuldig word, is gister borgtog in die landdroshof op Walvisbaai geweier.
Dit was mnr. Irvin Basil Summers (53) se eerste hofverskyning op ’n klag van verkragting.
Luidens die polisieverslag oor die voorval het Summers die slagoffer na bewering na sy huis in Seewierstraat genooi om skottelgoed te was. Nadat sy skottelgoed gewas het, is sy na die beskuldigde se kamer toe om hom in te lig dat sy klaar is. Hy het haar toe glo aan haar arm nader getrek, op sy bed gegooi en haar verkrag. Die verdagte het na bewering die slagoffer gewaarsku om vir niemand te vertel wat hy gedoen het nie.
Hy het glo ‘n SMS aan die slagoffer gestuur waarin hy gesê het hy sal haar betaal as sy hom by sy huis besoek sodat hulle dit weer kan doen. Die ouers het op dié boodskap afgekom en wou weet wat aangaan, waarna sy hulle vertel het wat gebeur het.
Die ouers het die beweerde voorval by die polisie aangemeld en die verdagte is in hegtenis geneem.
Summers het voor landdros John Sindano verskyn, wat beslis het dat hy in aanhouding moet bly en die saak is tot 11 Oktober vanjaar vir verdere ondersoek uitgestel.
Sindano het die beskuldigde ingelig oor sy regte om regsverteenwoordiging van sy keuse te verkry, om vir regshulp aansoek te doen, of om homself te verteenwoordig.
“In Namibië is verkragting ‘n ernstige oortreding en dit raadsaam om regsverteenwoordiging te hê.”
Summers het aangedui dat hy me. Nangula Haufiku gekontak het om hom moontlik te verteenwoordig.
Staatsaanklaer Annakleta Kandjimbi het gesê die staat staan borgtog teen op grond daarvan dat dit nie in openbare belang of regspleging is nie.
Summers is al vantevore van verkragting beskuldig in ’n saak in 1994 wat teruggetrek is. Verskeie ander klagte teen hom wat aanranding insluit, spruit ook uit die 1990’s.
Gemeenskapslede het buite die landdroshof saamgedrom en geëis dat die beskuldigde nie op borgtog vrygelaat word nie.
Me. Japan Jason, een van die studente wat aan dié protesoptrede deelgeneem het, het aangevoer dat verkragting ‘n tipe norm geword het.
“Mans is veronderstel om ons beskermers te wees, maar ons is bang. Ons gaan nie stilstaan en stilbly nie, daar moet nie borg vir verkragters wees nie. Ons word nie deur vreemdelinge verkrag nie, maar deur mense met wie ons daagliks interaksie het. Ons word verkrag deur mense uit ons eie gemeenskappe, ons broers en ons pa’s. Geen borgtog nie.”
Die voormalige stedelike kiesafdelingsraadslid vir Walvisbaai, mnr. Knowledge Ipinge, het gesê dit is onaanvaarbaar om mense te hê wat hulself as gemeenskapsleiers voordoen terwyl hulle eintlik jong meisies misbruik.
“Ons kan nie sulke monsters binne ons gemeenskap toelaat nie. Dit is op dié gronde dat ons die jong meisie se familie ondersteun deur solidariteit te toon en ‘n sterk boodskap aan die hof te stuur dat ons nie kan toelaat dat borgtog toegestaan word aan individue wat jong onskuldige meisies verkrag nie. Ons sal daardie borgtog op enige moontlike manier teëstaan.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie