Gerugte van korrupsie by Namcol
Dissiplinêre prosedures in plek
Aantygings van wanbesteding en korrupsie is teen 'n rekenmeester by Namcol gemaak.
Ogone Tlhage – ’n Rekenmeester by die Namibiese Kollege vir Afstandonderrig (Namcol) staar dissiplinêre stappe in die gesig oor geld – glo N$2,5 miljoen – wat na bewering by die staatsbeheerde onderwysinstelling vermis geraak het.
Sy het na bewering onopgeëiste terugbetalings wanbestee wat aan studente van die instelling behoort. Die geld is na bewering na ’n spookrekening herlei, wat volgens voorlopige ondersoeke met haar verbind kan word.
Job Amupanda van die Affirmative Repositioning (AR)-beweging het dié gissings onder die publiek se aandag gebring en het in ’n sosialemediaplasing gesê Namcol-werknemers word stilgemaak om na die vermiste fondse te verneem.
“Namcol-werknemers is gekeer om vrae op die WhatsApp-groep te vra oor die gesteelde miljoene. Daar is ’n meningsverskil – sommige in die bestuur wil die diefstal verdoesel terwyl ander wil hê die publiek moet die waarheid weet,” het Amupanda geskryf.
“Die publiek word hiermee ingelig dat ’n vroue-rekenmeester by Namcol miljoene na haar persoonlike bankrekening oorgeplaas het. Hierdie inligting word van die publiek weerhou omdat dit lyk asof talle ander betrokke is by die ‘eet’ van studentegelde. Hoe meer hulle versuim om die publiek in te lig, hoe meer sal ons aanhou om die besonderhede bekend te maak,” het Amupanda gesê.
Ons susterkoerant Namibian Sun verneem dat Namcol se bestuur die kwessie intern bespreek het, met base in die finansiële departement wat glo die vrou gevra het om te bedank pleks daarvan om aan ’n dissiplinêre ondersoek onderwerp te word.
’n Personeelverteenwoordiger op die direksie het die aangeleentheid na bewering onder die Namcol-raad se aandag gebring. Die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), wat op die direksie verteenwoordig is, dring na bewering daarop aan dat strafregtelike klagte teen haar aanhangig gemaak word.
Die direkteur van Namcol, Heroldt Murangi, het gesê die volle besonderhede van die beweerde misdaad moet nog aan hom verskaf word.
“Ek het egter nog nie ’n gedetailleerde verslag van my kollegas ontvang nie, maar ek het gehoor daar is bewerings van wanbesteding van fondse. Ek het nie die verslag by my nie. Dit is ’n interne vakansiedag, maar ons sal volgende week ’n verslag uitreik,” het Murangi gesê.
Korrupsie sal nie by die instelling geduld word nie, het hy gesê.
“Ons verdra nie korrupsie en bedrog nie. Die personeellid sal aan ’n dissiplinêre ondersoek onderwerp word,” het Murangi gesê.
Sou ’n ondersoek teen die rekenmeester ingestel word, sal Namcol volgens Murangi verseker dat die proses regverdig is.
“Daar is interne prosedures wat gevolg moet word, ons sal ’n onafhanklike persoon aanstel om die feite te verifieer. Ons het gevestigde prosedures in plek,” het hy gesê.
Die personeellid is om kommentaar genader, maar het nie op navrae gereageer nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie