Gevoelige slag vir wild-, veediewe by Outjo
Polisie se vasvat wyd geloof
Tydens 'n polisie-operasie is verskeie slagplekke op plase in die Biermanskool-omgewing ontdek, asook 51 geslagte osse en wild.
Boere in die Outjo-omgewing is vol lof vir die Namibiese polisie se genl.maj. Joseph Shikongo, wat deur sy flinke optrede die afgelope naweek ʼn deurbraak teen wild- en veediefstal in dié omgewing gemaak het.
Tydens die polisie-operasie is verskeie slagplekke op plase in die omgewing van Biermanskool ontdek. Shikongo het sowat 50 polisiebeamptes van die Kunenestreek en ʼn polisiehelikopter na die gebied ontplooi, terwyl die Excelsior Boerevereniging se Misdaadvoorkomingsforum se K9-honde-eenheid gehelp het om vermeende diewe se wapens uit te wys.
Die Nyime-teenstropingseenheid was ook by die operasie betrokke.
Die polisie het altesaam 51 geslagte osse asook wild gevind wat in die Otjikondo-omgewing gesteel is. Die waarde van die beeste word op sowat N$600 000 geskat.
Die sameroeper vir Excelsior se Misdaadvoorkomingsforum, mnr. Piet Prinsloo, het aan Republikein verduidelik hoewel die voorval in die Otjikondo-omgewing plaasgevind het, is hulle goed toegerus en kon die forum hulp met hul voertuig en K9-honde-eenheid verleen.
Prinsloo sê hy het inligting oor stropery in die omgewing ontvang en aan Shikongo deurgegee.
“Hy bied baie goeie samewerking vir ons boere. Hy het in samewerking met die Kunenestreek se streekbevelvoerder, komm. James Nderura, ʼn span beamptes van Opuwo gestuur om die saak te kom ondersoek.
“Hy het ook ‘n polisiehelikopter beskikbaar gestel,” vertel Prinsloo.
Hy sê terwyl die polisie in die omgewing was om die saak te ondersoek, het die stropers nóg ʼn koedoe op die plaas Miltiades gestroop.
“Boere in die omgewing het die skoot gehoor,” het hy vertel.
“Toe die vermeende stropers gevang is, wou hulle nie die wapens aan die polisie uitwys nie. Dis toe dat Excelsior se honde-eenheid genader is om te help,” het hy verduidelik.
Die polisie het op verskeie wapens beslag gelê.
Prinsloo sê die honde is uiters goed opgelei en dat hulle verlede week nog drie ander sake met behulp van dié honde opgelos het.
Prinsloo sê die vermoede is dat die veediewe deel vorm van ʼn groter sindikaat. Een persoon wat tydens die operasie vasgetrek is (wie se naam nie verstrek kan word tot hy in die hof verskyn het nie), word glo ook met ander misdade verbind.
Mnr. Piet Gouws, die Namibië Landbou-unie (NLU) se president, wat ook in die omgewing boer, het aan Republikein gesê die boerevereniging en sy misdaadvoorkomingsforum het groot sukses die naweek behaal en hoop om ook die “swaargewigte” vas te trek.
“Ons het werklik uitstaande samewerking van die polisie ontvang,” het hy bygevoeg.
Prinsloo het gesê hy het Shikongo sowat ʼn maand en ʼn half gelede op Ombika ontmoet en gevra dat hy boere moet help.
“Hy het beslis daad by die woord gevoeg en ons gehelp." – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie