Grumoord in Otjomuise
32 keer gesteek, privaat dele afgesny
'n Man wat as 'n vrou geïdentifiseer het, is gister grusaam vermoor.
Die liggaam van ’n 30-jarige transgender persoon is in Otjomuise in Windhoek met 32 steekwonde gevind.
Die oorledene se privaat dele is ook afgesny en op sy bors geplaas.
Die oorledene, Christof Fredricks, het as ’n vrou geïdentifiseer.
Fredricks se familie het hom Woensdagoggend laas gesien voordat hy op pad na ’n vriendin se huis was.
“Die laaste wat hulle gehoor het, is dat hul paaie by die Otjomuise-winkels geskei het. Hulle het die oorledene nie weer gesien totdat die verminkte lyk gevind is nie,” lui die polisieverslag.
Volgens die polisieverslag het ’n verbyganger sy liggaam omstreeks 07:00 in ’n rivierbedding langs die Hoërskool Chairmann Mao Zendong gevind.
“Wat vermoedelik die oorledene se klere is, is ’n entjie van die liggaam langs Ghanzistraat gevind met verskeie bloedkolle.”
Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie