Die Nampol-helikopter by die Oshakati-landingstrook. Foto Tuyeimo Ha
Die Nampol-helikopter by die Oshakati-landingstrook. Foto Tuyeimo Ha

Helikopter terug in die Noorde

Streek kry ook honde-eenheid
'n Helikopter van Nampol wat gebruik sal word om misdaad in die streek te bekamp, is terug by die Oshakati-landingstrook.
Tuyeimo Haidula
Die Namibiese polisie se helikopter wat in die noordelike streke van Oshana, Omusati, Oshikoto en Ohangwena gebruik word, is terug by die Oshakati-landingstrook nadat dit vir sowat ’n jaar buite aksie was om gediens te word.

Insp. Thomas Aiyambo van die Oshanastreek het die helikopter by die landingstrook terug verwelkom en het burgerlikes van “doeltreffende misdaadbekamping in die Noorde” verseker.

Hy het voornemende deelnemers aan ernstige misdaad gewaarsku dat die geregspan nou versterk en gereed is om misdaad te bekamp.

“Die helikopter sal lugpatrollies kan uitvoer wat sal help om vermiste persone en verdagtes op te spoor. Dit sal as bystand vir lede op die grond dien aangesien ons hier ook semi-woestyngebiede het wat nie toeganklik vir voertuie is nie.

“Waarheen jy ook al hardloop of probeer wegkruip, of dit in die bosse is of enige plek, die helikopter is vinnig en ons sal hierdie misdadigers vang.”

Die helikopter se permanente tuiste sal by die Oshakati-landingstrook wees, maar dit word ook in die omliggende streke gebruik.

“Vanaf Oshakati na Outapi is sowat 90 kilometer en met die hulp van die helikopter sal ons dit binne 20 minute kan aflê. Dit sal vir ons van groot hulp tydens noodgevalle wees,” het hy gesê.

Die helikopter was volgens Aiyambo juis verlede week in ’n suksesvolle soektog na brandstofsmokkelaars van oor die Angolese grens ingespan. Ná ’n jaagtog deur verskeie nedersettings het die voertuig in ’n modderige stroom vasgeval. ’n Man en vroue is later in die Ongewiva-kiesafdeling in hegtenis geneem, terwyl verskeie 25-literhouers petrol asook N$3 500 kontant in die voertuig gevind is.

HONDE-EENHEID GEVESTIG

Die polisie het ook sy nuwe honde-eenheid bekendgestel wat nou in die Oshanastreek gebruik sal word.

Die honde sal tydens operasies teen dwelmbedrywighede gebruik word om narkotiese middels soos dagga en kokaïen op te spoor.

“Ons het hierdie honde beskikbaar om byvoorbeeld tydens soektogte by padblokkades of vermeende dwelmhuise te gebruik,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!