Huise gebruik as vulstasies
Die regering se versuim om die verkoop van gesmokkelde Angolese brandstof in die noorde van Namibië te stuit, het daartoe gelei dat kansvatters in die verskillende nedersettings en dorpe hul huise in verkoopspunte omskep het.
Die smokkel van petrol en diesel uit Angola – wat bekend staan as Ngungula – vier al jare hoogty in die Noorde, ’n situasie wat gelei het tot die sluiting van vulstasies, veral in Ohangwena.
Diegene wat die brandstof verkoop, verkoop dit glo in die openbaar langs die pad in Oshikango sonder om die wette van die land in ag te neem. Die situasie het nou handuit geruk met mense wat na bewering na die grensdorp Oshikango gaan waar hulle groot volumes gesmokkelde brandstof koop wat hulle na die verskillende noordelike dorpe neem om weer te verkoop.
Die kopers van die brandstof is na bewering meestal taxi-operateurs wat die brandstof teen ’n goedkoop prys koop om meer wins te maak.
Network Media Hub het vroeër vandeesmaand berig oor ’n 32-jarige vrou by die informele nedersetting Uuye-Wakapoko in Ondangwa wat in hegtenis geneem is vir die besit van meer as 200 liter brandstof sonder ’n geldige permit.
POLISIE BETROKKE
Daar is ook gerugte dat polisiebeamptes ook onder diegene is wat die misdaad pleeg.
Daar word beweer dat wanneer die polisiebeamptes op die misdadigers se brandstof beslag lê, hulle dit nie neem na waar dit veronderstel is om gestoor te word nie. Hulle hou dit glo vir hulself en gebruik dit vir hul private voertuie of verkoop dit aan die gemeenskap.
Die polisiebevelvoerder in die Oshanastreek, Sakaria Lungameni Sakaria, het Sondag bevestig ’n polisiebeampte is verlede jaar in sy streek in hegtenis geneem nadat hy brandstof gesteel het uit die pakhuis waar dit gestoor was.
GROOT GEVAAR
Volgens Sakaria het die polisie oor die jare verskeie arrestasies gemaak as deel van sy poging om die misdrywe te bekamp en dat hulle steeds daarteen veg.
Hy het egter aangedui dat die gemeenskapslede wat die verkoop van die gesmokkelde brandstof waarneem, ook ’n rol het om te speel in die hantering van hierdie strafregtelike dade.
Hy het verder gesê om brandstof te stoor, veral in woongebiede, is baie gevaarlik. Hy verduidelik verder dat daar wette in plek is om die vervoer en stoor van brandstof te reguleer.
“Daar bestaan werklik ’n gevaar. Nie so lank terug nie het twee voertuie naby Oshigambo gebots, waar een voertuig mense en die ander brandstof vervoer het. Daar was niks wat omstanders kon doen nie. Die brand was net te erg,” sê hy.
Sakaria meen daar is geen probleem as mense na Angola reis en hulle voertuie aan daardie kant van die grens volmaak nie.
“Dit is soos om na enige ander land te reis, jy maak jou voertuig vol brandstof. Maar nou, bring jy dit vir kommersiële doeleindes, dit is wanneer jy die wet oortree en dan stel jy die lewens van ander mense in gevaar.”
EKONOMIESE IMPAK
Sakaria het ook gesê dat die gesmokkelde brandstof ’n negatiewe impak op die bruto binnelandse produk (BBP) van die land het.
“Toe ek nou die dag in Omafo was, was daar ’n vulstasie wat moes sluit weens hierdie situasie,” het hy gesê.
Hy verduidelik dat hulle ook met lede van die gemeenskap saamwerk in ’n poging om die misdrywe hok te slaan. Eienaars van vulstasies het hom glo gebel en gesê hulle sukkel om besigheid te doen weens hierdie probleem.
“Hulle neem mense in diens en hulle betaal belasting aan die regering,” beklemtoon Sakaria.
Hy verseker ook dat die polisie in die streek hard werk om hul bedrywighede op te skerp.
“Ons het verskeie arrestasies gemaak, maar mense verkoop dit steeds agter toe deure. Ons doen ’n beroep op die publiek vir hul hulp en wie ook al inligting hieroor het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie