nuusbreker1
nuusbreker1

Inbrekers, diewe weg met honderdduisende

Die diefstal van kontant en goedere ter waarde van bykans N$150 000 is oor die afgelope naweek by die polisie aangemeld, terwyl vier verdagtes ook aangekeer is wat glo binne ‘n maand vee ter waarde van N$463 900 op ‘n plaas in die Otavi-omgewing gesteel het.

Inbrekers is die afgelope Saterdag met geld, alkohol en ander items ter waarde van N$87 700 op Otjiwarongo vort nadat hulle by die Gabrito-kroeg ingebreek het, terwyl produkte ter waarde van N$80 000 gesteel is tydens ‘n inbraak by Pupkewitz Megabuild se tak in Katutura.

In nog ‘n geval is N$64 350 uit ‘n huis in die Eemhindi-nedersetting in die Ondobe-omgewing tydens ‘n inbraak gesteel. Op Katima Mulilo is inbrekers ook weg met items ter waarde van N$4 500 toe hulle by ‘n huis ingebreek het.

In geen van die gevalle is enige persone in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer