Namibië is onlangs deur Numbeo gelys as die 35ste gevaarlikste stad ter wêreld. Foto ter illustrasie/Tanja Bause.
Namibië is onlangs deur Numbeo gelys as die 35ste gevaarlikste stad ter wêreld. Foto ter illustrasie/Tanja Bause.

Indeks lys Windhoek as ‘onveilig’

Glo 35ste gevaarlikste stad in die wêreld
Die polisie meen hierdie is 'n wekroep vir landsburgers om te alle tye op hul hoede te wees.
Iréne-Mari van der Walt
Windhoek word glo as die 35ste gevaarlikste stad in die wêreld bestempel.

Dit volgens die datagroep Numbeo se indeks oor die grootste misdaadbrandpunte wêreldwyd.

Die tuiste van die ikoniese Christuskirche is sesde in Afrika gelys naas vyf stede in Suid-Afrika. Meer as 400 stede is op die indeks gelys.

Mnr. Eliphas Kuwinga, 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, het egter Vrydag bevestig dat dié indeks geen insette van die Namibiese polisie bevat nie.

Volgens die Numbeo-webtuiste word inligting oor leefkostes en lewenskwaliteit wêreldwyd ingesamel deur mense wat die webtuiste besoek.

"Vrae in die meningspeilings is soortgelyk aan vrae in wetenskaplike en regeringsopnames," verduidelik die Numbeo-webtuiste.

Numbeo sê ook dat inligting wat tot 36 maande oud is, 'n rol in die verskeie meningsopnames kan speel.

Die gewilligheid van deelnemers en moontlike gebrek aan data in verafgeleë gebiede, is volgens die datagroep ook 'n bydraende faktor wat die verskeie indekse op sy webtuiste kan beïnvloed.

By navraag het die hoof van die Windhoekse stadspolisie, mnr. Abraham Kanime, gesê: “Ek dink nie hierdie is ’n kwessie waar ek verdedigend moet wees nie. Ons sal moet vasstel hoe hulle tot die gevolgtrekking gekom het. Ek wil nie sê dit is ongegrond nie, want selfs al is dit iemand se mening, kan ek nie sê dit is ongegrond nie – as die spieël dit vir ons wys, moet ons kyk hoe ons die veiligheid van die publiek meer doeltreffend kan verseker. Ek dink hierdie is ’n wekroep vir ons,” het hy gesê.

WEES WAAKSAAM

Kanime sê die Windhoekse stadspolisie doen sy bes om op hoogte van die nuutste misdaadtendense te bly, maar verduidelik dat die polisie sy pogings moes opskerp om misdaad te bekamp om met die stygende misdaadsyfers by te hou.

Hy het die publiek gemaan om waaksaam teen diefstal uit motors en huisinbrake te wees, asook om hul gedrag dop te hou terwyl hulle ontspan.

“Ons is geneig om waardevolle items in ons voertuie te los, wat aan diewe die geleentheid bied om dit te steel. Ons sal ook ons houding tydens tye van ontspanning moet verander. Wanneer ons ontspan begin ons drink en baklei,” het hy gesê.

Kanime het die publiek ook aangeraai om waaksaam te wees om moontlik gesteelde items te koop.

“As daar nie ’n mark vir gesteelde items is nie, sal mense nie die items steel nie. Die prys sal altyd kenmerkend van ’n gesteelde item wees. Die prys wat die persoon vra, is gewoonlik té goed om waar te wees.

“As ’n persoon motorspieëls aan jou wil verkoop, vra jouself af waar is die voertuig en hoekom hulle juis dié spieëls wil verkoop,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!