Ingenieursraad ondersoek ‘vals’ registrasie
Registrateur tydelik geskors
Charles Mukwaso het die raadsvoorsitter van karaktermoord en kwaadwillige optrede teen hom beskuldig.
Ogone Tlhage - Die registrateur van die Ingenieursraad van Namibië (ECN), Charles Mukwaso, word daarvan beskuldig dat hy homself op bedrieglike wyse as ’n professionele ingenieur geregistreer het sonder die keuring van die raad.
Dit volg op ’n skorsingsbrief van die raadsvoorsitter, Sophia Tekie, wat aan Mukwaso gerig is en waarin hy van wangedrag beskuldig is.
“Die raad het in ’n buitengewone vergadering op 31 Mei besluit om die registrateur, ingenieur Charles Mukwaso, tydelik met volle betaling te skors hangende ’n ondersoek na verskeie beweerde gevalle van wangedrag,” skryf Tekie in die brief gedateer 23 Junie.
Mukwaso het die bewerings ontken en gesê twee briewe wat geskryf is om sy nuwe amp as professionele ingenieur aan te kondig, was bedrieglik en nie deur hom geskryf nie.
“Ek is die registrateur van die ECN, wat toesig hou oor alle bedrywighede, en ek kon die twee briewe as vals en bedrieglik identifiseer. Albei briewe dra die briefhoof wat in 2019 uitgefaseer is. Albei briewe is nie gestempel nie – dit dra nie die amptelike stempel van die ingenieursraad nie,” het Mukwaso in ’n polisieverklaring gesê.
KARAKTERMOORD
Hy het Tekie verder daarvan beskuldig dat sy inligting oor die beweerde klagte van hom weerhou het.
“Me. Tekie het die afgelope weke aangedring dat ek van die werk geskors moet word omdat ek na bewering aan wangedrag skuldig is. Maar sy het beslis geweier om te verklap wat daardie optrede was. Ek verklaar dat die briewe bedrieglik is; hulle is vervals.
“Ek het rede om te glo dat dit karaktermoord en kwaadwillige optrede teen my deur me. Sophia Tekie was,” het hy gesê.
‘UITSONDERLIKE STEM’
Intussen het die Namibiese Vereniging vir Ingenieurs Mukwaso se skorsing uit die raad veroordeel.
“Mnr. Mukwaso was ’n uitsonderlike stem vir die ingenieursberoep in Namibië en het onwrikbare toewyding en onbaatsugtigheid in sy diens aan ander ingenieurs in die land getoon.
“Dit sluit sy innoverende en transformerende prestasies by die ECN in, selfs te midde van uitdagende toestande, beperkte hulpbronne en onvoldoende ondersteuning,” het die vereniging gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie