Kayova-16: Forensiese uitslae voor jaareinde verwag
Kenya Kambowe - Forensiese uitslae van ’n ondersoek na die dood van 16 mense van die dorpie Kayova – vermoedelik weens voedselvergiftiging – sal na verwagting voor die einde van die jaar gereed wees.
So het Nelius Becker, die hoof van die polisie se forensiese eenheid, bevestig.
Dit is vyf maande sedert familie van 16 mense by Kayova in die Kavango-Oosstreek dood is.
Die sterftes het gevolg nadat hulle mahangu-pap geëet het.
Die aanvanklike toetsuitslae vir gifstowwe in die oorledenes se bloed was onduidelik.
BREEDVOERIGE ONDERSOEK
Forensiese toetse is uitgevoer met onder meer monsters van liggaamsweefsel, voedsel en huishoudelike materiaal wat na die Namibiese polisie se Instituut vir Forensiese Wetenskappe (NPFSI) gestuur is.
Becker het gesê hulle het probleme met ’n stuk toerusting ondervind; daardie kwessie is egter opgelos en toetsuitslae behoort voor jaareinde beskikbaar te wees.
“Ons het ’n probleem gehad met die installering van ’n nuwe instrument, maar nou is ons goed op dreef,” het Becker gesê.
DIE TRAGEDIE
Die sterftes hou glo verband met mahangu-korrels wat die familie gekry het nadat hulle riete versamel en vir die graan verruil het. Dit was nog nie die seisoen vir die oes van riete nie, maar die familie moes dit noodgedwonge doen in ruil vir kos.
Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.
Die familie van die oorledenes het die afgelope paar maande ’n beroep op die polisie gedoen om ’n man uit die gemeenskap te verwyder wat volgens hulle die skuldige een is vir die verskaffing van die noodlottige bestanddele.
Hulle het gesê dit is “pynlik” om diegene wat hulle vir hul verlies blameer, vrylik in die gemeenskap te sien rondbeweeg.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie